Page 1 of 1

Twee wielle

Posted: Wed Sep 25, 2013 9:41 pm
by Modder Tekkies
Ek het nou al so bietjie die fiets ry storie uit gekyk en toe besluit om te gaan shop vir een, want dis mos goed vir die hart.

Ek stap toe daar by 'n groot fiets plek in en daar kom 'n man aan om my te help.

Kyk die kêrel ken sy fietse en hy praat daar van die shocks, wiel grootte en die ratte en disk brieke en voor ek my kom kry is ons by R100 000 plus se fiets :eh:

Die man verstaan toe nou nie so mooi toe ek vra of die ding nog moet getrap word vir daai prys nie.

Ek moet eerlik wees dat deesdae se fiets pryse slegter is vir jou hart as wat die oefening kan goed wees :?

Ek is toe maar daar weg om van my skok te herstel, maar na so nog 'n bietjie rond shop dink ek het ek toe reg gekom :razz:



Image

Ook disk brieke, lekker shocks, 6 ratte en ek hoef hom nie te trap nie :laugh2: :laugh2:

Re: Twee wielle

Posted: Wed Sep 25, 2013 9:57 pm
by CasKru
Mooi fiets daai

Re: Twee wielle

Posted: Wed Sep 25, 2013 10:33 pm
by warthog
Een dag as ek groot is en genoeg geld het, gaan ek ook my trap-wiele vir so een upgrade...

Re: Twee wielle

Posted: Thu Sep 26, 2013 5:20 am
by JJBotes
:thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Twee wielle

Posted: Thu Sep 26, 2013 8:16 am
by JEEPIE
i like the way this guys thinks

Re: Twee wielle

Posted: Thu Sep 26, 2013 9:01 am
by Huismoeles
Ek hou van hoe jy dink! :celebrate:

Re: Twee wielle

Posted: Thu Sep 26, 2013 9:44 am
by Willem01
Mooi man lekker fiets.....
Nou moet jy net daai pad tekkies afhaal en n paar knobbels opsit....TKC80 voor en n lekker Mitas E09 agter

Re: Twee wielle

Posted: Thu Sep 26, 2013 9:26 pm
by Modder Tekkies
Baie dankie

Ek wag al lank en daar val mos maar altyd iets meer belangrik voor, maar het net nou besluit van uitstel kom afstel.
Willem01 wrote:er Mitas E09 agter
Ek ken nie die twee wiel bande so goed nie, maar weet dat die goed my hard gaan laat val op enige iets anders as teer.

Het juis gekyk na Mitas voor en agter dalk

Re: Twee wielle

Posted: Thu Sep 26, 2013 9:56 pm
by Froll
Mooi Ferdie, nice fiets. :thumbup: :thumbup:

Re: Twee wielle

Posted: Thu Sep 26, 2013 10:14 pm
by 3 Blind Monkeys
Ek het mitas eo 7's op my Ds, dit is soos All terrains vir 'n bike. Geniet hom, voor jy weet is jy op die grond pad. Jy kan ook gaan kyk op die wild dog forum vir advies op bande en Ds oor die algemeen. :thumbup: