Rebel 4x4 Rock crawl
Posted: Sat Jul 19, 2008 5:38 pm
Soos meeste van julle weet is Ek en Boesman (my betroubare "steed") beide lede van die REBEL bende
Ek en Lucas Holtzhausen (hy is en was vir die laaste paar jaar SA1 in 4x4 challenge reeks) het gistermiddag die klippe by Moegatle 4x4 trails gaan beloer en die baan uitgele vir ons Rock crawl 6 September. Kerels dit gaan GROOT pret wees.
Daar gaan drie bane uitgele word , produksie ,produksie modifieds en natuurlik die supertrucks.
Ek wil op hierdie stadium egter nie oor die kompiteerders gesels nie want daar is nie baie plekke oor nie(as jy belangstel om te ry pm my dan kan ons dalk 'n plan maak)
Wat ek egter onder die forum lede se aandag wil bring is :
1 ONS gaan rock crawl
2 Kom kyk as jy kan. Dit gaan enorme pret wees klomp 4x4 op die klip, die waterfal "tribe" se hoofman het my gister gese hulle sal tot donkiekarre daar he vir die kinders om mee te ry.
3 klomp 4x4 verwante produkte gaan daar uitgestal word. As jy self iets het wat jy wil kom uitstal ,dis gratis, mahala, verniet gesels met my en ek reel dit vir jou. Lois jy kan vir jou 'n megaworld uitstalling kom maak GRATIS gesels met my.
4 Die eienaar van Moegatle 4x4 trails wat saam met die Waterval stam die baan dedryf is tans besig om vir ons kampplek op sy wildsplaas te maak soos ek hier sit is hulle besig om die ablusieblokke te finaliseer . Pragtige kamp in die bosveld? wat meer wil jy he ?Bespreek somme vir die hele naweek , kom Vrydag slaan kamp op kyk saterdag die manewalis op die klip, Saterdag aand maak Alex vir ons een MA se potjie (een of ander bok wat ons die Donderdag nog moet vastrek) en dis net lekker kamp en 4x4, die hele naweek lank!
5 Die Waterfal tribe gaan die koeldranke ( en biertjies) op die klip verkoop en die geldjies wat hulle insamel gaan vir een of ander projek waarmee hulle besig is (ek kon nie verstaan nie), Die hoofman het my ook verseker "Sekuriteit " sal nie 'n probleem wees nie.
So lekke mafia style ?(lekke gelag toe ek vir witkop vertel)
So merk jou dagboek 6 SEPTEMBER
vir kamp bespreking en pryse (ek't gedink Alex maak 'n grap toe hy my die pryse gee he he) http://www.rebel4x4.co.za
kyk onder die events dis alles daar. (cassie as jy die link kan regkry asb ek kom nou nie reg nie)
As jy dink jyt die guts om te kom ry ? pm my ek kan help of inskrywings forms http://www.rebel4x4.co.za
dis jou kans om almal te wys jys nie net 'n WEB WHEELER nie
Groetnis BLOM
ps ek hoor 'n rumour Ewald se kameraman soek ook slaapplek daar erens vir die naweek, so as iemand kan help ?
En natuurlik een van ons GROEN MANNE gaan self DIE naweek daar in aksie te siene wees (ek laat dit maar vir hulle self om te vertel) en natuurlik ook 'n kerel wat sy tanne slyp in doesman se screaming seat