Painting with light workshops - Paarl
Posted: Wed Oct 23, 2013 6:07 pm
I received this email and it looks very interesting, maybe some of us Hiluxers can attend: (Ingels at the end of page)
Fotografiewerkswinkels by die Taalmonument
Fotograwe kan hierdie somer uitsien na buitengewone fotografiewerkswinkels by die Taalmonument in die Paarl, waar hulle kan leer om met lig te verf en om stersirkels af te neem.
Dié praktiese werkswinkels, deur professionele fotograaf en geregistreerde toergids Peter Haarhoff, is geskik vir beginner- tot intermediêre fotograwe. ‘n SLR-kamera (digitaal of 35mm), driepoot en afstandbeheerkabel is noodsaaklik.
Die Stersirkels-fotografiewerkswinkels word op dieselfde aande as die Sterrekykpieknieks - op 30 November 2013 en op 4 Januarie, 1 Februarie en 1 Maart 2014 - aangebied. Tydens dié werkswinkels leer deelnemers hoe om die BULB-stelling op hul kameras te gebruik om ster-sirkels af te neem soos die sterre om die suidpool-ster beweeg. Hulle leer ook hoe om beligtingstyd te bereken en komposisie te verbeter. Ander onderwerpe sluit in witbalans en ISO, grein en greinvermindering, die verskil tussen 35mm- en digitale fotografie, en watter sagteware om te gebruik om beelde aanmekaar te las.
Die Verf met Lig-fotografiewerkswinkels word op dieselfde aande as die Volmaanpieknieks - op 16 November en 17 Desember 2013 en op 17 Januarie, 15 Februarie en 15 Maart 2014 - aangebied. Om met lig te verf is ‘n fotografie-tegniek waar die fotograaf tydens ‘n lang beligtingstyd met ‘n bron van lig soos ‘n flits rondbeweeg en selektief areas belig en kleurspatsels byvoeg. Tydens die werkswinkels leer deelnemers verskillende maniere om met lig te verf, watter bybehore jy benodig en watter kamerastellings die beste werk.
“Net omdat dit donker is, beteken nie jy moet ophou foto’s neem nie,” sê Haarhoff, van die Cape Photographic Company. “Om met lig te verf is maklik om baas te raak en kan ure se pret verskaf ná sonsondergang.”
Die werkswinkels kos R350 en sluit notas in. Bespreking is noodsaaklik by Amira Clayton by tel. 021 863 0543/4809 of kommunikasie@taalmonument.co.za.
Photography workshops at the Taalmonument
This summer photographers can learn to paint with light and to photograph star trails at photography workshops offered at the Taalmonument in Paarl.
These practical workshops, by professional photographer and registered tour guide Peter Haarhoff, are suitable for beginner and intermediate photographers. A single lens reflex (SLR) camera digital or 35mm), a tripod and a cable release is essential.
The Star Trails photography workshops are presented on the same evenings as the Stargazing Picnics - on 30 November 2013, as well as on 4 January, 1 February and 1 March 2014. At these workshops participants will learn to use the BULB setting on their cameras to record star trails as the stars move around the southern pole star. They will learn which times are best, how to calculate the exposure, and how to improve composition. Other topics include white balance and ISO, noise and noise reduction, the difference between 35mm and digital photography and which software to use to combine images.
The Paint with Light photography workshops are presented on the same evenings as the Full-moon Picnics - on 16 November and 17 December 2013, as well as on 17 January, 15 February and 15 March 2014. To paint with light is a technique used by photographers that involves a long exposure as you walk around in the shot with a light source like a torch, selectively illuminating areas and adding splashes of colour. At the workshops participants will learn different ways to paint with light, which accessories you need and which camera settings work best.
“Just because it ‘s dark doesn’t mean you have to stop taking photographs,” says Haarhoff. “To paint with light is easy to master, and will allow hours of fun after the sun has set.”
The workshop fee of R350 includes notes. Limited space is available therefore booking is essential. Contact Amira Clayton at tel. 021 863 0543/4809 or kommunikasie@taalmonument.co.za.
Amira Clayton
Geleentheidskoördineerder I Events Coordinator
Die AfrikaanseTaalmuseum en -monument
T +27 (0)21 863 0543 / 076 017 6026
F 086 231 7324
kommunikasie@taalmuseum.co.za
http://www.taalmuseum.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
http://www.taalmonument.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
Lid van / Member of: Paarl Tourism, Cape Town Tourism, Alternative Tourism