ATF Olie vervang op 'n 4.0L

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
User avatar
Bees
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 245
Joined: Thu Oct 11, 2007 2:51 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux 4.0 V6, 4x4, D/C, A/T. En een gevaarlike petrol voet.
Real Name: Ian

ATF Olie vervang op 'n 4.0L

Post by Bees »

Hallo

Ek wou die ATF olie vervang in my 4.0L se ratkas, MAAR, ek het toe by ons plaaslike Toyota werktuigkundige gehoor, dat as die ratkas nie 'n dipstick het nie moet die olie slegs op die regte temperatuur afgetap word en vervang word.

NOU, is dit eerstens, waar of nie en indien dit wel waar is, weet julle dalk hoekom dit so is, want dit klink vir my maar na 'n aardige besigheid.

Ek het altyd gedink jy tap maar net die olie af en gooi weer nuwes by totdat dit by die overflow prop uitloop, maar blykbaar werk my bakkie se ratkas nie so nie.

Hulp sal waardeer word.
Dankie
Die lewe is 'n lied, sing blik$em sing
User avatar
Ali3n
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4714
Joined: Mon Sep 27, 2010 2:06 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: Jeep Commander 3.0 Limited
Real Name: Francisco the Great
Club VHF Licence: B338
Location: Roodepoort

Re: ATF Olie vervang op 'n 4.0L

Post by Ali3n »

Ek weet nou nie van die temp ding nie maar kan wel vir jou se dit is nogals n ondervinding om die 4L se ATF olie te vervang. Onder op die sump is daar n drein plug en ook n check plug. Langs die kant bo is daar n filler prop. Baie min spasie so sal voorstel jy gebruik n olie pomp kannetjie.

Drein ou olie en sit terug drein plug, draai check plug uit, sit nuwe olie in tot dit uit loop by check gat, start voertuig in Park/Neutral. Olie behoort op te hou uit loop by check plug. Gooi nog olie by tot dit weer begin uit loop. Maak check plug toe en jys klaar. :thumbup:

Gebruik ook net Toyota se ATF. So swart blik. :thumbup: Kom in 4l blik. Behoort genoeg te wees. :thumbup:
PRESENTLY DISADVANTAGED
ImageImageImage Link BrokenImageImage Link Broken
Custom built Rock Sliders, Bumpers, Belly protection.... Anything you can think of
Cell: 076 122 3744 E-Mail: fpanaino@gmail.com
Bear Grylls calls it "Ultimate Survival", overlanders call it "Camping"
User avatar
Tarquin
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 660
Joined: Wed Jul 18, 2012 9:11 pm
Town: Plettenberg Bay
Vehicle: Toyota 2.8D D/C 4x4 & Toyota 2.4D single 4x2
Real Name: Tarquin
Location: Plettenberg Bay
Contact:

Re: ATF Olie vervang op 'n 4.0L

Post by Tarquin »

Is the Toyota atf a dexron 2 or 3?
User avatar
Bees
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 245
Joined: Thu Oct 11, 2007 2:51 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux 4.0 V6, 4x4, D/C, A/T. En een gevaarlike petrol voet.
Real Name: Ian

Re: ATF Olie vervang op 'n 4.0L

Post by Bees »

Jis Francisco

Dit is ook hoe ek dit het, maar toe ek nou die dag met die (nogal) werkswinkel bestuurder van toyota Stellenbosch praat, het hy daai temperatuur ding vir my gesê, so toe dink ek by myself, dat as die w/w bestuurder dan nou so sê dan moet dit seker waar wees, maar toe twyfel ek nogsteeds, so dis hoekom ek toe maar hier vra of julle weet.

Dankie vir die info.

Ek sal gaan kyk wat daar onder my bakkie aangaan.

En ja, ek sal maar by Toyota se olie hou.
Die lewe is 'n lied, sing blik$em sing
User avatar
hendrik.earle
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 165
Joined: Tue Nov 02, 2010 10:06 am
Town: Potchefstroom
Vehicle: Toyota Hilux 4.0 V6 d/c a/t, 60mm lift, steeltop canopy, Custom Bullbar, Custom roofrack, WHEELS:vacancy open for 35x12.5r15
Real Name: Hendrik
Location: Potchefstroom

Re: ATF Olie vervang op 'n 4.0L

Post by hendrik.earle »

Om n auto se olie te vervang is nie so maklik soos net aftap en nuwes ingooi nie. Die hele ratkas het meer as 10liter olie in, met die aftap kom net omtrent 2-3liter uit. Toyota is veronderstel om n masjien te he wat hulle opkoppel om al die ou olie uit te suig en dan weer nuwes in te pomp. Toe ek my bakkie wou invat vir die oil change hoor ek die werkswinkel voorman gee die manual vir n werktuigkundige om gou by die huis die aand te gan opswot oor hoe om die olie te vervang op n auto. Toe besluit ek dan kan ek dit maar eerder self doen as hulle nie weet nie.
Ek het die manual gedownload en hulle verduidelik baie mooi hoe om die olie level te check. Die temp is baie belangrik en die bakkie moet in park wees en idle as olie level gekyk word.
Die regte olie by Toyota is goedkoper as olie by Midas of Autozone, en dan is mens 100% gerus dis die regte olie.
Daar is wel 'n manier om meeste olie uit te kry sonder n masjien.
We never really grow up, we only learn how to act in public.
User avatar
Bees
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 245
Joined: Thu Oct 11, 2007 2:51 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux 4.0 V6, 4x4, D/C, A/T. En een gevaarlike petrol voet.
Real Name: Ian

Re: ATF Olie vervang op 'n 4.0L

Post by Bees »

Dankie hendrik

Ten minste beteken dit die ou op Stellenbosch praat darem nie nonsense nie, ek het natuurlik nog nie by die ratkas uitgekom om eers te kyk wat daar aangaan nie.

As daar soveel dingetjies aan is sal ek maar eerder my bakkie vir Toyota vat om die olie te doen.

Nou net neuk ek iets op.
Die lewe is 'n lied, sing blik$em sing
Post Reply

Return to “The Workshop”