Page 1 of 1

7M GE Engin in my Hilux

Posted: Fri Jul 25, 2008 10:08 pm
by Schreiej
Ek het n 7M GE in my Hilux maar word warm as ek sleep of as ek agter n vragmotor ry.Wat kan ek doen om die probleem op te los.Kan iemand my van inligting voorsien

Re: 7M GE Engin in my Hilux

Posted: Fri Jul 25, 2008 10:14 pm
by BenHur
Watse radiator het jy in, watse fan en het jy aircon?

Re: 7M GE Engin in my Hilux

Posted: Sat Jul 26, 2008 11:33 pm
by Schreiej
BenHur wrote:Watse radiator het jy in, watse fan en het jy aircon?
Geen Aircon , twee van die elektriese fans wat ek by Midas gekoop het en n Isuzu 280 diesel radiator

Re: 7M GE Engin in my Hilux

Posted: Sun Jul 27, 2008 12:17 am
by BenHur
EK het ook 'n 280 DT Radiator en hy is net net te min om altyd effektief te werk, hy het geen toloransie vir anige afwykings nie, dus hoekom jy sulke probleme het. Myne het weer warm geword met die aircon aan of as ek gesleep het.

Al die ouens wie se voertuie ek nou al gesien het wat sukselvol koud bly het BMW 740i radiators in, maar ju sal so ietwat moet sny aan die cradle want hy is breed.

Re: 7M GE Engin in my Hilux

Posted: Sun Jul 27, 2008 6:08 am
by blom
Koop net die core van die bmw en laat tanks maak wat dikker is maar wat pas, Dit werk op die einde dieselfde prys uit.
Hoe meer water jy in jou tenks kry hoe beter! Onthou die conversion sneuwel as hy warem word !
Kyk ook maar na jou spots en jou bumper ens dit kan dalk jou airflow belemmer
Onder jou enjin moet jy ook probeer om die splashplate terug te sit of soveel moontlik van hom, DIE ou het twee doelle
1 splash plate
2 airflow deur jou radiator ? Hoor ek jou se Jip as jy mooi kyk sal jy sien die plaat maak saam die bonnet "airofoil" en genereer 'n laedruk in die enjinkompartement wat dan lug deur die radiator suig ook en die warem lug uit die enjin kompartement!
Nog 'n groot culprit op die 7m is die exhaust manifolds daai heaterpype moet jy beperk soveel moontlik ek weet branches is baie aantreklik maar jy SAL die prys betaal, ceramic coat of fiberwrap
Rule of thumb se warem in die dorp check die fans
warem ooppad te min airflow oor rad, te min rad
as jou enjin 3liter is het jy 3x2.5 liter water in jou verkoelings sisteem nodig.
as jy nie 'n rad kry wat dit kan hanteer nie MAAK een .
Hoop dit help
:mrgreen:

Re: 7M GE Engin in my Hilux

Posted: Sun Jul 27, 2008 4:55 pm
by ThysdJ
Op my 7M het ons 'n BMW 328 radiator gesit. Nie veel snywerk gedoen nie want hy is nie heeltemal so breed soos die 740 sinne nie. die 328 hou die 7M pragtag koel. Ek het however nog 1 klein mod gedoen. Ek het die bonnet agter met ongeveer 5 mm gelig sodat warm lug agter uit die engine-bay kan ontsnap. Veral as mens in Low Range crawl en daar nie baie koel lug voor by die grille inkom nie. Sover het ek nog geen probleme met overheating gehad nie. Nie op die lang pad nie en ook nie in die verkeer of in die bos nie.

Ons het een merske groot BMW electric fan op hom gesit, wat inskop sodra die water temp 90 grade bereik, en mens kan sien hoe drop die temp gauge sodra die fan inskop. Ek was aanvanklik skepties oor die 90 grade ding, maar dit werk reg en ek het baie vertroue in daai system soos hy nou is. :D

Re: 7M GE Engin in my Hilux

Posted: Sun Jul 27, 2008 9:05 pm
by BenHur
Ek het op 'n stadiom ook my bonnet agter gelig as 'n toets maar dan raak dit het nie regtig gehelp nie, ek het my net verbeel dit raak warem in die cab :?

Re: 7M GE Engin in my Hilux

Posted: Mon Jul 28, 2008 9:55 am
by ThysdJ
Ek kom nie agter dat die cab warmer word nie, maar dit het beslis 'n cooling effek op die motor. Dis seker maar een van daai dinge Bennie ons kan lekker lank hieroor sit en gesels in die veld onder 'n doringboom... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted: