Page 1 of 1

fotos van mods sfa

Posted: Sun Feb 16, 2014 9:16 pm
by hansman
Ek sukkel om fotos van Vaaltyn te laai wees asb geduldig
Hansman

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Feb 18, 2014 5:06 pm
by The Legend
Kom nou Hans,Dit is al Dinsdag en nog steeds sien ek geen foto,s nie

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Feb 18, 2014 7:48 pm
by hansman
Hello Dawie
Ek is soos n graad 1 juffrou sal aanhou tot ek dit regkry.
Groete
Hansman&Vaaltyn

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Feb 18, 2014 8:10 pm
by Hilux 1
Waarmee sukkel jy ? Dalk moet jy graad 2 juffrou vra

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 9:00 am
by Jagerbom
More manne ek maar namens die oubaas die fotos laai jul weet mos hul BC gebore(Before Computers) van Vaaltyn, hy sal meer in detail vir jul vertel van die fotos, het rofweg name by gesit dat jul soos hy sal se in die klas kan oplet met die les van die dag.
Groete

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 9:03 am
by Jagerbom
Volgende klomp fotos

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 9:05 am
by Jagerbom
Laaste paar nou kan jul hom peper met die vrae.

Groete uit nat Noord Wes

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 11:16 am
by Agteros
Hansman - vraag 1

Se nou mooi vir juffrou :smile: , wie het jou conversion gedoen?

Vraag 2

Was die conversion van die begin af redelik of was daar baie tandekry probleme wat jy moes uitsorteer?

Vraag 3

Wat se ECU het jy ingesit?

Vraag 4

Wat se ratkas, diffs ens. het jou bakkie?


Die toets is verby - juffrou is vir eers klaar met jou. :wave:

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 11:57 am
by hansman
Hugo
Ek gaan prober virn ondrskeiding Het egter laas my bloedtoets gedruip.
Ek doen al my werk self het n front clip ingevoer en soveel moontlik oorgebou.Ek het die enjin met outo box en surf transfer gebruik sonder enige adaptors. Die ecu is ook standard Lexus,geen problem van dag een nie +/- 30000Km gedoen met heelwat sleepwerk(Sprite Sunway 4 wiel)
Ek gebruik selfs die Lexusverkoeler en aircon mastercylinder en booster werk baie mooi.Brieke voor KZTE met Cruiser 75 discs en agter hilux rotors en girling lucas calipars van ford sierra.Die spacers is van staal 30mm en word deur ingenieurs in Silverton gemaak Maugene Ing) Ek het amper vergeet engine mounts is Lexus met Lexus se crossmember
Moet nog mooi mak soos sitplekke oortrek Yskas tussen voorsitte ens. Het reeds elektriese vensters in Agter n Gearmax dif met locker en voor gewone import 4.875:1
Hoop ek slag die toets het lelik gedop met die plaas van die fotos.Groete Hansman&Vaaltyn

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 12:38 pm
by Agteros
Hey Hans - volpunte!

Baie mooi bakkie - wens myne het die Lexus in gehad :drool:

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 12:44 pm
by pietdevs
Hoeveel is jou normale brandstof verbruik en hoeveel as jy sleep?

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 4:54 pm
by hansman
Pieter
Ek is nie een van die gelukkige 10Km/l manne nie.
Ek kry 6Km/l sleep en 7Km/l as ek normal 120Km/ph ry Langs die see het ek met moeite 8.2 gekry maar dit was by uitsonderring en doelbewus as besparing gedoen om verbruik te toets
Groete Hansman&Vaaltyn

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 5:55 pm
by The Legend
Ai hoe drool ek nie oor sulke agter remme agter op my bakkie nie. :drool: :drool: :drool:

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 8:23 pm
by Froll
Lyk baie mooi daai trok. :thumbup: :thumbup:

Re: fotos van mods sfa

Posted: Tue Mar 11, 2014 8:39 pm
by Hoppy
:thumbup: n mooi sfa bly maar mooi, moet myne weer regmaak!