Page 1 of 1

Valve caps on wheels

Posted: Fri Jul 04, 2014 5:52 pm
by Rianc
Julle ouens praat en raas oor road rage! Ek ervaar dit ook! Maar dit maak my absoluut de blki#$% in om elke week of twee valve caps te koop! Ek hou dit maar op vir stof en sand en die elemente maar die goed verdwyn! Ek moet maar sekere teruggaan na die staal caps wat jy met 'n torque rencf vasdraai.

Of het julle ander idees??

Re: Valve caps on wheels

Posted: Fri Jul 04, 2014 8:12 pm
by Toppie4x4
Het eenkeer alluminium valve caps op die platkar gesit toe ons twee jaar in Ballito gebly het. ............kon dit nie afkry nie en moes die valves vervang. Die alluminium en geelkoper het nie geakodeer nie. Blykbaar word die buisie spesiale ghries nie verniet saam met die valve caps verkoop nie. :roll:

Re: Valve caps on wheels

Posted: Sat Jul 05, 2014 1:27 pm
by Bushwacker
Toppie4x4 wrote:alluminium valve caps
Hulle treads is te lank en draai dan vas op die valve se skouer voor dit by die rubber o-ring kom. As jy hom korter maak werk dit goed :thumbup:

Re: Valve caps on wheels

Posted: Sat Jul 05, 2014 7:36 pm
by louis fourie
Ek koop 4x4Direct se valve caps. Hulle werk sommer bakgat en ek ry 'n paar ekstra saam wat ek so nou en dan weggee. Hulle is goedkoop genoeg.

Sent from my IdeaTab S6000-H using Tapatalk

Re: Valve caps on wheels

Posted: Sun Jul 06, 2014 6:15 pm
by pietpetoors
Ek verkies ook die staal (eintlik brass wat geplateer is) valve caps want die goed verloor nooit nie.
Ek maak egter 'n punt daarvan om die valve caps self af te draai en terug te draai wanneer ek wiele pomp (wat ek gewoonlik ook self doen), want as die joggie dit een keer gedoen het draai hy hulle nie mooi vas nie en dan is die goed weg.