Page 1 of 1

Condensor fan SFA

Posted: Fri May 01, 2015 7:51 am
by The Legend
Ek het n tweedehandse aircon fan by Johan Mostert oorgeneem en in my sfa ge-installeer.
Manne julle wat nie n aircon fan op julle sfa het nie sal nie weet watse verskil dit maak nie.Toe my seun saam met my ry die eerste keer nadat ek die fan ingesit het wou hy by my weet of ek n nuwe aircon gesit ,so groot was die verskil vir hom.

laat julle aircon stelsel ook toets om te kyk of alles nog reg is.Toe ek myne laat re-gas het nadat ek die fan ge-installeer het is vas gestel dat daar n blokkasie in die system was. Ek het die dryer bottle vervang en nou werk daardie aircon soos hy nog nooit vantevore gewerk het nie.

Re: Aircon fan SFA

Posted: Fri May 01, 2015 8:55 am
by Mud Dog
Janee, dit maak 'n hengse veskil. 'N waaier van 'n ou Merc W123 series pas perfek en werk so goed dat die evaporater sommer kan verys ... dan moet jy hom vir 'n rukkie afsit dat die ys kan smelt. ;-)

Re: Condensor fan SFA

Posted: Fri May 01, 2015 3:16 pm
by hansman
Hello
Ek is bly dit werk in my geval 1989 dc sfa was die fan in die bakkie baie treurig het hom vervang met Cressida fan(klein mod n ring om die dieper fan te akkomideer) nou blaas hy my uit die bakkie uit.Probeer dit die Cres moter is baie meer effektief
Hansman&Vaaltyn

Re: Condensor fan SFA

Posted: Sat May 02, 2015 9:40 am
by Mud Dog
Hans, ja dis 'n ander probleem en bly jy is daarmee uitgesrt, maar Dawwie praat van 'n extra fan wat voor by die radiator (agter die grille) ingesit word. ;-)

Re: Condensor fan SFA

Posted: Sat May 02, 2015 2:05 pm
by The Legend
Nadat ek die bakkie teen 1500 revs vir n paar minute laat idle het met die aircon aan was die kajuut temperatuur 15.3 grade. Ek is heel tevrede daarmee.Behoort op die oop pad nog kouer te word.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Sun May 03, 2015 11:47 am
by hansman
Hello
Ek besef dat die condenser so koud moontlik bly om die gas na vloeistof te verkoel MAAR die ou treurige fantjie binne die bakkie spry nie die lug veel nie daarom die Cressida fan wat die lug baie sterker binne die bakkie vloei ensodoend die HELE cab verkoel.Dit is n klein mod met wonderlike verbetering
Lekker dag
Hansman&Valtyn
&











h

Re: Condensor fan SFA

Posted: Sun May 03, 2015 4:23 pm
by batavia
Aai manne na ek duisende oor 'n jaar spandeer het om die SFA se aircon weer werkbaar te kry, het ek laasjaar besluit ek mors my biergeld en opgegee.
Ou aircon moes verander word om nuwe "green" gas te vat. Nuwe pype. Daarna nuwe kompressor. Daarna 2 x hervulling want hy lek en het nadat dit weer in die warm Namibië op gehou werk het, maar weer oorgeslaan na die oop venster metode.
Nou dit. Miskien moet ek maar weer probeer.
Hoe lyk dit met bietjie meer inligting oor die "donor" voertuie en wat die alles gevat het om die goed te laat pas.
Soos 'n ou juffroutjie aan 'n graad een sal verduidelik asseblief. :yahoo: : celebrate: :banned:

Re: Condensor fan SFA

Posted: Sun May 03, 2015 4:55 pm
by The Legend
Christo moenie moed verloor nie.Jy sal hom reg kry.

Die condenser fan speel n groot rol in die verkoeling van die aircon stelsel.Ek het myne op gebou uit parte van ander sfa bakkies.Ek het n nuwe pomp gekoop en die pype laat maak en fit asook die elektriese bedrading deur n aircon plek wat aircons in voetuie installeeer.

Die parte wat ek tweedehans gebruik het was die evaporator wat onder dash kom,condensor ,oorspronklike alternator power steering pulley is vervang met aircon alternator power steering pulley op my 4y.Parte wat ek nuut gekoop het was die dryer bottel asook die expansion valve.

Maak baie seker dat die drukking in die stelsel korrek is en dat daar geen lug in is nie.In my geval loop die aircon pype van die compressor af voor by die condenser verby na die expansion valve toe en nie bo oor die engine soos ek in sommige gevalle al gesien.Ek glo die hitte van die engine kan ook maak dat aircon pype warmer word as wat hulle moet wees en n effek kan he op die verkoeling van die aircon gas.

In jou geval byk dit vir my dat jy n lekkasie probleem het.Alvorens jy nie daardie lekkasie op gespoor het nie gaan jou aircon nie werk soos wat hy moet nie.

Sterkte hoop jy kry hom reg.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Sun May 03, 2015 5:21 pm
by The Legend
Foto van my aircon compressor met pype wat loop na voor tussen die gril en condenser.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Sun May 03, 2015 6:02 pm
by batavia
Dankie Dawie.
Ek gaan more foto's neem van my setup en aflaai dan kan ons eers daarvandaan begin.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Tue May 05, 2015 1:25 pm
by batavia
Dawie, my setup lyk omtrent soos joune behalwe waar jou 2 pype voorom loop, gaan myne een voor en een heel agter om. Gee bietjie meer inligting oor die silver materiaal wat rondom die pype is, of is dit hoe die pype lyk?
Die aircon pype lek definitief. Die probleem is net waar. Daardie probleem sal ek later probeer uitsorteer wanneer ek hom laat te-gas. Die expansion valve is ook vervang toe die veranderinge aangebring is. Die condensor werk nog maar is redelik oud.
Vereers wil ek konsentreer op die verbeteringe wat julle voorstel.
Watter veranderinge en aanpassings moes jy maak om die Mercedes fan in te sit. Ek neem aan jy trek die krag vir die fan van die aircon kragdraad.
Het jy dalk opgelet of dit enige invloed het op die effektiwiteit van die verkoelingstelsel (radiator) van die SFA?
Watter jare se Cressida en model se fan word hier van gepraat.
Die evaporator is onder die dash sê jy. Is dit daar by die glove box?
Jammer vir al die vrae. Ek glo nie ek sal die taak self aanpak nie, maar sal graag wil weet waarvan ek praat wanneer ek die "spesialis" nader. Hier in my omgewing is hulle maar skaars.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Tue May 05, 2015 2:09 pm
by Mud Dog
batavia wrote:Dawie, my setup lyk omtrent soos joune behalwe waar jou 2 pype voorom loop, gaan myne een voor en een heel agter om. Gee bietjie meer inligting oor die silver materiaal wat rondom die pype is, of is dit hoe die pype lyk?
Die aircon pype lek definitief. Die probleem is net waar. Daardie probleem sal ek later probeer uitsorteer wanneer ek hom laat te-gas. Die expansion valve is ook vervang toe die veranderinge aangebring is. Die condensor werk nog maar is redelik oud.
Vereers wil ek konsentreer op die verbeteringe wat julle voorstel.Vervang die condenser voordat jy die fan insit anders is dit dubbel werk.
Watter veranderinge en aanpassings moes jy maak om die Mercedes fan in te sit.Geen veranderinge nodig nie, hy pas perfek. Ek neem aan jy trek die krag vir die fan van die aircon kragdraad. Ja, die drade wat die clutch op die pulley laat inskop. Sodoende sal dat die fan net werk as die kompressor inskop en nie heeltyd wat jy die aircon aaan het nie.
Het jy dalk opgelet of dit enige invloed het op die effektiwiteit van die verkoelingstelsel (radiator) van die SFA?Lugvloei sal beter wees maar jy sal dit nie opmerk nie, die thermostat hou die enjin temp redelik dieselde. Waar dit miskien onderskil sal maak is op baie warm dae, maar dan gebruik jy in elk geval die aircon en die enjin radiator kry lug wat klaar effens gewarm is.
Watter jare se Cressida en model se fan word hier van gepraat.
Die evaporator is onder die dash sê jy. Is dit daar by die glove box?Ja.
Jammer vir al die vrae. Ek glo nie ek sal die taak self aanpak nie, maar sal graag wil weet waarvan ek praat wanneer ek die "spesialis" nader. Hier in my omgewing is hulle maar skaars.
;-)

Re: Condensor fan SFA

Posted: Tue May 05, 2015 2:30 pm
by batavia
Dankie Andy.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Tue May 05, 2015 2:50 pm
by Hoppy
Dawie het ook n oordentlikke nuwe aluminium Kondensor in, nie daai pissy standaard een nie.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Tue May 05, 2015 3:18 pm
by batavia
Allan ek neem aan so 'n meneer van 'n kondensor sal mens by Silvertons kan kry.

Re: Condensor fan SFA

Posted: Tue May 05, 2015 5:13 pm
by The Legend
Christo
Ek sien Andy was so gaaf om die meeste van jou vra te beantwoord (Dankie Andy)

1)Dit is n tipe dik foil matriaal wat met cable ties om die aircon pype vas gemaak is om hitte van die engine af weg te gelei.
2)In my geval het ek n waaier gebruik wat van n Corsa voertuig se condenser af gekom het,dit pas 100%.Maar as jy n Mercedes waaier kan kry soos Andy se doen jy beter.
3)Ek gebruik nog tans die standard waaier binne in my SFA maar gaan dit vervang met n Corolla waaier wat baie sterker blaas.Ek wil net n adaptor laat maak om hom te maak pas,Soos jy kan sien op die fotos is die Corolla se se motor heelwat groter

Re: Condensor fan SFA

Posted: Tue May 05, 2015 8:35 pm
by batavia
Dankie Dawie. Sal laat weet hoe dit vorder. Beplan nou eers vir Namibië gedurende Junie/Julie. Hoop nie dit word te warm nie. :yahoo:

Re: Condensor fan SFA

Posted: Wed Aug 19, 2015 3:22 am
by 4 runner oldie
Damm wish it was in English . Looks like great job .

Re: Condensor fan SFA

Posted: Wed Aug 19, 2015 10:54 am
by Mud Dog
Russel, use "Google Translate", it'll give you the gist of it. ( https://translate.google.co.za/?hl=en&tab=wT )

:winkx:

Re: Condensor fan SFA

Posted: Wed Aug 19, 2015 11:17 am
by 4 runner oldie
Thanks Andy ,
Have been on pain killers not doing wonders for my short term memory computer wise . You helped me again with stuff I just cant manage to remember how to do at the moment . Photos and Google translate . Thank You :thumbup: :thumbup: :D: . For those who need some English :cooldude: .haha

https://translate.google.co.za/translat ... edit-text=