Page 1 of 1

Noord Kaap Kalahari Uitreik 5-18 Julie

Posted: Mon Jun 15, 2015 11:56 am
by Kagiso
Beste Uitreikondersteuner

Ons nooi jou graag uit om deel te word van ons beplande gesinsuitreik na die Kalahari (Groblershoop, Wegdraai en omgewing), waar ons DV by die Cornelius Bediening gaan aansluit. As jy nie deel van ‘n gesin is nie, is hierdie die ideale geleentheid om deel van ‘n uitreikgesin te word en te ervaar hoe die Here elke uitreiker vernuwe.

Die Uitreik is só saamgestel dat jy kan kies om óf Week 1 óf Week 2 óf albei weke saam te gaan. Die wegbreek van 11-12 Julie 2015 is opsioneel.

Week 1: 5-10 Julie 2015 Wegdraai jeug en Gemeenskap[ uitreik32

Wegbreek: 11-12 Julie 2015: Verken omgewing, ry of klim Kalahari se rooi duine en besoek WITSAND se Brulduine.

Week 2: 13-16 Julie 2015Uitreike na Groblershoop omliggende dele

En as jy nie hierdie keer die Kalahari-stof saam met ons kan ervaar nie, bid dan asseblief saam met ons vir ‘n geseënde uitreik en veral vir die mense van die Kalahari.

en soos gewoonlik vra ons weer .. n Bydrae vir die wat bitter graag WIL gaan, maar ditr nie kan bybring nie.


NB datums:
Pak en Laai: Saterdag 4 Julie
Vertrek: Sondag 5 Julie [06:00]
Terugkeer: 17/18 Julie.
Kostes: R750 kinders 12+ / R2100 Volwassene
[Gesinne wat self af ry se bydraes is net vir die etes -- Brandstof dan vir eie sak]

Die e-posse en afkondiginbg by die Kerk is al lankal gedoen .. dis ek wat NOU eers op die forums plaas ..

Daag jou uit .. KOM SAAM en kyk of jou 4x4 n duin kan klim soos myne :-D .. die 11e. Die res van tyd verkondig ons Jesus aan die jongmense / kinders op die plase en villages