Page 1 of 1

SFA EIENAARS

Posted: Tue Aug 23, 2016 7:27 am
by The Legend
Daar is n facebook geskep vir slegs vir sfa eienaars.Gaan loer n bietjie op facebook by HILUX SFA LEGENDS op facebook en kyk n bietjie hoe mooi lyk die manne se sfa,s. Hulle beplan om die 17 de september n be-eenkoms vir sfa eienaars by Bronkhorstspruit te hou.

Dit behoort n mooi gesig te wees om n klomp sfa bakkies bymekaar te sien.

Re: SFA EIENAARS

Posted: Tue Aug 23, 2016 7:32 am
by Stef
AAgg dammit...nou sal ek moet registreer op vleisboek :mrgreen:

Re: SFA EIENAARS

Posted: Wed Aug 24, 2016 2:16 pm
by GI Jane
sal gaan kyk... hardcore SFA's being put through their paces...

Re: SFA EIENAARS

Posted: Wed Aug 24, 2016 4:13 pm
by TertiusK
Dankie, sal bietjie gaan kyk wat daar aangaan!

Re: SFA EIENAARS

Posted: Wed Aug 24, 2016 5:37 pm
by ChrisF
mag ek so klein bietjie stout wees ....

SFA kom mos nog uit die ossewa era ...

nou hoe is dat die manne met die leisels dan nou hul smoke-signals verruil vir moderne kommunikasie ... so al op die wa-kas as sitplek ....






skuus manne. Ek WEET die SFA is n ware legende.

Re: SFA EIENAARS

Posted: Wed Aug 24, 2016 6:48 pm
by The Legend
ChrisF wrote:mag ek so klein bietjie stout wees ....

SFA kom mos nog uit die ossewa era ...

nou hoe is dat die manne met die leisels dan nou hul smoke-signals verruil vir moderne kommunikasie ... so al op die wa-kas as sitplek ....






skuus manne. Ek WEET die SFA is n ware legende.

Hoe lekker lag ek nie nou nie.Ja Chris ek is maar een van daardie manne wat nooit die geld sal he om te kan op gradeer na die nuwe modelle toe nie ,maar kan dit ook nie oor my hart kry om my ou SFA net te verkoop nie.Hy moet maar eendag uit my boedel verkoop word.

Re: SFA EIENAARS

Posted: Wed Aug 24, 2016 8:48 pm
by ChrisF
Dawie in alle erns, dit hang net af wat mens nodig het.

vir al dag ry is die nuwer modelle darem net meer gemaklik.

vir ernstige trail voertuig is die SFA sekerlik bo-baas.


en vir n lekker "projek voertuig" sal ek ook die SFA vat, miskien die IFS ...


maar om meer as n half miljoen te betaal vir n nou-en-dan-speelding .... ongelukkig nie in my begroting nie. Natuurlik n ander storie (uit n begrotings punt) vir die groot familie wat 4 sitplekke EN baie pakplek nodig het.


glo die SFA sal nog baie jare met ons wees !

Re: SFA EIENAARS

Posted: Wed Aug 24, 2016 9:18 pm
by The Legend
Jy slaan die spyker op sy kop. Die SFA is nie my daaglikse ryding nie.Dankie tog daarvoor want hy is te swaar op brandstof en nie een van die gemaklikste voertuie soos jy tereg gese het.

Maar weet jy wanneer ek op n visvang trippie Namibie ,Transkei of Mosambiek toe gaan of net sommer vir n naweek gaan kamp geniet ek elke km wat ek met my ou SFA ry hoe hard en ongemaklik hy ook al mag ry.

As ek langs die pad sou gaan staan kan ek hom met n tang en blou draad weer reg kry.

Die nuwe bakkies is net te veel vol elektronika,as jy met hulle gaan staan kan jy net die bonnet oop maak en weer toemaak,daarna moet jy bel vir road assistance

En die groot ding is ,myne is lankal klaar betaal.Hy is myne.

Lank leef die SFA

Re: SFA EIENAARS

Posted: Wed Aug 24, 2016 9:19 pm
by The Legend
The Legend wrote:Chris jy slaan die spyker op sy kop.

Die SFA is nie my daaglikse ryding nie.Dankie tog daarvoor want hy is te swaar op brandstof en nie een van die gemaklikste voertuie soos jy tereg gese het.

Maar weet jy wanneer ek op n visvang trippie Namibie ,Transkei of Mosambiek toe gaan of net sommer vir n naweek gaan kamp geniet ek elke km wat ek met my ou SFA ry hoe hard en ongemaklik hy ook al mag ry.

As ek langs die pad sou gaan staan kan ek hom met n tang en blou draad weer reg kry.

Die nuwe bakkies is net te veel vol elektronika,as jy met hulle gaan staan kan jy net die bonnet oop maak en weer toemaak,daarna moet jy bel vir road assistance

En die groot ding is ,myne is lankal klaar betaal.Hy is myne.

Lank leef die SFA

Re: SFA EIENAARS

Posted: Thu Aug 25, 2016 8:48 am
by GI Jane
Ek stem saam Dawie.. gebruik nie my bakkie elke dag, maar net as ons weggaan na die plekke waar dit nodig is. Baie goeie tye met my bakke in plekke waar baie ander voertuie dit nie maklik sal maak nie...

Re: SFA EIENAARS

Posted: Thu Aug 25, 2016 4:42 pm
by TertiusK
Dagse manne.

Ek lees nou die stories so en kry sommer lag. Ek het n 2007 Sportage CRDI en voor ek my SFA gekoop het al begin moan oor ditjies en datjies. Dan loop sy diesel enjin vir my te hard, dan raas sy bande te veel op die pad, dan is sy suspension te hard en en en. Sommer plain weg net moan!!!

Toe ek die SFA koop het wil mens mos net met hom ry. Dis gou om die blok, dis dorp toe, dis werk toe elke dag vir amper 2 weke. Eendag toe besluit ek Sportage moet weer n slag loop en oppad dorp kyk ek my vrou so en se: "Die blerrie Sportage loop darem lekker sag ne.." :tease:

Re: SFA EIENAARS

Posted: Thu Aug 25, 2016 6:37 pm
by ChrisF
TertiusK wrote:Dagse manne.

Ek lees nou die stories so en kry sommer lag. Ek het n 2007 Sportage CRDI en voor ek my SFA gekoop het al begin moan oor ditjies en datjies. Dan loop sy diesel enjin vir my te hard, dan raas sy bande te veel op die pad, dan is sy suspension te hard en en en. Sommer plain weg net moan!!!

Toe ek die SFA koop het wil mens mos net met hom ry. Dis gou om die blok, dis dorp toe, dis werk toe elke dag vir amper 2 weke. Eendag toe besluit ek Sportage moet weer n slag loop en oppad dorp kyk ek my vrou so en se: "Die blerrie Sportage loop darem lekker sag ne.." :tease:
Bwhahahaha ... :lmao:



nee kyk, as mens se dinge juik, gaan ry net n lekker OU kar vir n paar dae ....

Re: SFA EIENAARS

Posted: Sat Aug 27, 2016 11:21 am
by TertiusK
Ja Chris dis darem ware woorde. Hehehehe