Page 1 of 1

Waterkruisings

Posted: Thu Sep 08, 2016 9:28 pm
by batavia
In die 10 jaar wat ek gatskuur in die hilux, het ek nog glad nie deur "diep" water gery nie. Miskien was ek maar net gelukkig of dalk goeie beplanning. :wave:
Ons beplan om Oktober 2016 die Wildekus te besoek. So stadig vanaf die Kei tot by Koffiebaai.
Die mede skuurders ry almal diesel - ek die enigste petrol.
Die terugvoering wat ek kry van iemand wat die roete gaan verken het, is dat daar heelwat waterkruisings is.
Hoe bang is 'n '91 hilux 4y, 2.2 vir water? Enige wenke en raad sal waardeer word.
Kommentaar oor die roete is ook welkom.

Christo

Re: Waterkruisings

Posted: Thu Sep 08, 2016 10:52 pm
by Mud Dog
Ek weet nie van die roete wat julle beplan het, maar die water kruisings daarlangs waarvan ek weet is glad nie diep nie en jou Hilux sal dit maklik hanteer.

As dinge wel verander het en die kruisings nou dieper is sou ek die fan belt afhaal vir die kruising indien jy nie 'n visco fan op het nie. Die distributor seëls moet ook in 'n goeie toestand wees and die plug leads se rubber proppe kan bietjie binnekant met ghries of Vaseline gesmeer word om te verseker dat hulle water dig is. Spuit ook Q20 of WD40 op die drade self en moenie wergeet van die ingintion coil nie. Daar word heelwat water in die enjin kompartement rond geslinger met kruisings wat diep genoeg is om die crank pulley te bereik.

Jy kan voor die tyd toets met 'fine spray' van 'n tuinslang. :winkx:

Re: Waterkruisings

Posted: Fri Sep 09, 2016 6:20 am
by CasKru
Alles wat Andy hierbo gesê het maar net so belangrik is maak seker jy het extended breathers op jou diwwe vir water wat dieper is as die helfde van jou wiel.

Re: Waterkruisings

Posted: Fri Sep 09, 2016 9:19 am
by cprinsloo
batavia wrote:In die 10 jaar wat ek gatskuur in die hilux, het ek nog glad nie deur "diep" water gery nie. Miskien was ek maar net gelukkig of dalk goeie beplanning. :wave:
Ons beplan om Oktober 2016 die Wildekus te besoek. So stadig vanaf die Kei tot by Koffiebaai.
Die mede skuurders ry almal diesel - ek die enigste petrol.
Die terugvoering wat ek kry van iemand wat die roete gaan verken het, is dat daar heelwat waterkruisings is.
Hoe bang is 'n '91 hilux 4y, 2.2 vir water? Enige wenke en raad sal waardeer word.
Kommentaar oor die roete is ook welkom.

Christo
Vat 'n lekker groot seil saam, dan verander jy jou wa in 'n boot (meer 'n barge), dan sleep jou tjomme jou oor die water.... :yahoo: :yahoo:

Ernstig, ek wil dit nog altyd weer gaan doen het, ons het dit met 'n Landrover gedoen in die weermag.

Cheers,

C

Re: Waterkruisings

Posted: Fri Sep 09, 2016 10:38 am
by LouisZ
As jy redelik lank gery het en kom by die kruising, stop n bietjie dat die diwwe net afkoel. 'n Warm diff hou nie van water.

Re: Waterkruisings

Posted: Fri Sep 09, 2016 1:06 pm
by Haboob
Vat 'n breek by waterkruisings wat diepper as die helfde van jou wiel. Stop dat die water net onder die diffs raak om dit te help om aftekoel. Die warm diff suig die water in as jou breathers nie lank genoeg is nie.
Loop die waterhindernisse eers om te sien of daar gate of groot rotse in jou pad sal wees.
Indien dit veilig is, gebruik L2 op omtrent 2 000 rpm. Gaan egalig die water in om "bow wave" voor die bakkie te vorm. Hou spoed konstand anders kom water engine kompartement in. Ry totdat jy anderkant veilig uitkom.
Ons het in Botswana in Savuti so deur rivier gekom waar die water 1/2 pad met windskerm op gekom het. 2.4P Hilux, 2700iP Hilux en 2.5 Dtech Isuzu sonder enige probleme. Die vorige dag het ons 'n srx Vigo gesien wat van daai rigting deur 'n trekker gesleep word. Vermoed dat hy geskrik het vir die diep water en gestop. Dis waar die probleme seker onstaan het.
Moennie stop nie. Indien iets gebeur en die engine sny uit, moennie probeer weer aanskakel nie. Laat jou tjomme jou uittrek. En maak reg op droë land. Miskien moet jy olies verander. Draai plugs uit en draai enjine met hand of slinger, ensv.

Re: Waterkruisings

Posted: Fri Sep 09, 2016 8:22 pm
by batavia
Andy, Cassie, Chris, Louis en "Haboob"

Baie dankie vir julle insette. Ek sal definitief daarvan gebruik maak.
Andy - Die tuinslang sal ek sekerlik ook moet beproef want een of twee keer wat ek al redelik vining deur 'n plas water gery het, het die hilux so 'n "beat"gemis.
In Swakopmund het ek ook al die enjin laat skoonspuit en moes Q20 gebruik om die enjin weer lekker te laat purr.
Geniet die naweek.

Re: Waterkruisings

Posted: Sat Sep 10, 2016 6:57 pm
by FIRSTGEER
Christo I know that area very well and The only slightly deep crossing would be across the Kobonqaba River fairly high up from the mouth.I am certain that this crossing would be out of bounds unless one has the necessary permits for driving along the shore line.Nature Conversation strictly enforce this policy and are very active along the Wild Coast.
The possibility exist that you may be travelling further inland,parralel to the coast.Good luck and enjoy this beautiful part of our country.

Re: Waterkruisings

Posted: Sat Sep 10, 2016 9:33 pm
by batavia
Thank you Tony. Yes we have the necessary permits and intend to follow the shore line sticking to the guidelines of the permit. The daily travel distance is not that far and when necessary the "easier" inland road will be followed - see "4x4 routes through Southern Africa".
Fuel still available at Willowvale?

Re: Waterkruisings

Posted: Sat Sep 10, 2016 10:34 pm
by FIRSTGEER
Yes.No problem at all.

Re: Waterkruisings

Posted: Sun Sep 11, 2016 8:36 am
by TertiusK
Interresante lees en mens kan sien die manne het goeie ondervinding met klas van ding.
Alles klink na lekker speel tot ek gelees het Edge se die water het halfpad teen sy venster opgestoot. Sorry manne maar net daar beskyt ek myself!!! :shock2:

Re: Waterkruisings

Posted: Sun Sep 11, 2016 7:41 pm
by CasKru
TertiusK wrote:Interresante lees en mens kan sien die manne het goeie ondervinding met klas van ding.
Alles klink na lekker speel tot ek gelees het Edge se die water het halfpad teen sy venster opgestoot. Sorry manne maar net daar beskyt ek myself!!! :shock2:
Jy meen soos die....
IMG_2266.jpg

Re: Waterkruisings

Posted: Sun Sep 11, 2016 9:39 pm
by batavia
Enige tyd as passasier maar nie agter die stuur met eie voertuig nie.
Vir iemand wat sy storie ken is dit seker geen problem nie.

Re: Waterkruisings

Posted: Sun Sep 11, 2016 10:02 pm
by Mud Dog
This is still one of the best examples of what is possible, bearing in mind that was not strongly flowing water - more of a damming up ....

https://www.youtube.com/watch?v=JQ6Z29wHGLw" onclick="window.open(this.href);return false;

I also think that this was a diesel motor and not petrol - I don't think that the ignition electrical system on a petrol vehicle would have carried on for so long unless specially prepared.

Re: Waterkruisings

Posted: Sun Sep 11, 2016 10:11 pm
by Mud Dog
This is still one of my favourites .....

https://www.youtube.com/watch?v=XaO8ECMiw2c" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Waterkruisings

Posted: Mon Sep 12, 2016 1:47 pm
by TertiusK
CasKru wrote:
TertiusK wrote:Interresante lees en mens kan sien die manne het goeie ondervinding met klas van ding.
Alles klink na lekker speel tot ek gelees het Edge se die water het halfpad teen sy venster opgestoot. Sorry manne maar net daar beskyt ek myself!!! :shock2:
Jy meen soos die....
IMG_2266.jpg
Net soos daai my maat!!! Verbeel jou nou die helfde van jou vooruit is ook onderwater :o: Ek het eendag met n 1300 Tazz n driffie hier op Oudtshoorn wat "bietjie" oorgeloop het deur gery. Toe die neus in is toe stroom die water oor die bonnet. Al wat ek kon doen is deurdruk en sorg dat die kar nie dood in die water nie want dan is dit lap skud vir my en TAZZ. Deur genade van Bo is ek deur maar by die huis het ek gesukkel om uit te klim. Let toe op dat my g@t die helfde van die seat opgevreet het :tease:

Re: Waterkruisings

Posted: Mon Sep 12, 2016 1:58 pm
by TertiusK
Mud Dog wrote:This is still one of the best examples of what is possible, bearing in mind that was not strongly flowing water - more of a damming up ....

https://www.youtube.com/watch?v=JQ6Z29wHGLw" onclick="window.open(this.href);return false;

I also think that this was a diesel motor and not petrol - I don't think that the ignition electrical system on a petrol vehicle would have carried on for so long unless specially prepared.
Let bietjie op wanneer besluit daai om te se "...Well this is bad.." Noggal ewe rustig :naah:

Re: Waterkruisings

Posted: Mon Sep 12, 2016 2:23 pm
by LouisZ
Laas toe ek deur sulke water gery het het ek maar lekker die modder watertjies uit die Hilux met 'n lap uitgekry. Eerste keer gesien dat 'n Sfa se deur rubbers mooi gekyk na moet word.

Re: Waterkruisings

Posted: Tue Sep 13, 2016 11:03 am
by Haboob
Tertius,
Andy het my vorige trip verslae wat hy sou op die forum laai, want my IT skills is maar traag. Hy kan op die 2006 Namibian/Bots trip report kyk waar ek die foto van die Hilux 2700i P voertuighet wat ek geneem het toe hy nog nie eers half pad deur was nie. Die water was daar al half pad oor die bonnet. Daar is ook twee fotos van die onskuldige driffie, maar die spore wat daar is was die van groot lorries en nie van ldv spore nie.
Ek was eerste deur. Ons wou nie een die hindernis loop nie. Krokedile bly ook in daai waters, maar die water het nie diep voorkom nie, veral met die grassies wat daar groei.
Ons kameras is nie van die beste nie en bietjie stadig, so wanneer jy druk is daar tyd verlore totdat die foto click, so jy moet probeer skat wanneer om die knoppie te druk.
Die beweegende voertuig met die stadiger aksie het die foto van die Isuzu bederf.

Re: Waterkruisings

Posted: Tue Sep 13, 2016 11:12 am
by coetzer94
https://youtu.be/sclkZPG1pXw" onclick="window.open(this.href);return false;

Kamera span in die delta, se wat jy wil van die ou donkie cruisers, hulle bly taai

Re: Waterkruisings

Posted: Tue Sep 13, 2016 12:19 pm
by andrevt
ai hierdie onderwerp laat my trug dink aan 2011 se trip met die baie reen , ons kon nie meer omdraai nie brandstof was nie reg nie asook toestande by die doodsakker
100_0987 (Small).JPG
100_2057 (Small).JPG
100_2062 (Small).JPG
100_2068 (Small).JPG

Re: Waterkruisings

Posted: Tue Sep 13, 2016 1:28 pm
by TertiusK
andrevt wrote:ai hierdie onderwerp laat my trug dink aan 2011 se trip met die baie reen , ons kon nie meer omdraai nie brandstof was nie reg nie asook toestande by die doodsakker100_0987 (Small).JPG[/attachment[attachment=3]100_2002 (Small).JPG100_2057 (Small).JPG100_2062 (Small).JPG100_2068 (Small).JPG
Respek!!!! Daai water loop sterk

Re: Waterkruisings

Posted: Tue Sep 13, 2016 1:46 pm
by TertiusK
Haboob wrote:Tertius,
Andy het my vorige trip verslae wat hy sou op die forum laai, want my IT skills is maar traag. Hy kan op die 2006 Namibian/Bots trip report kyk waar ek die foto van die Hilux 2700i P voertuighet wat ek geneem het toe hy nog nie eers half pad deur was nie. Die water was daar al half pad oor die bonnet. Daar is ook twee fotos van die onskuldige driffie, maar die spore wat daar is was die van groot lorries en nie van ldv spore nie.
Ek was eerste deur. Ons wou nie een die hindernis loop nie. Krokedile bly ook in daai waters, maar die water het nie diep voorkom nie, veral met die grassies wat daar groei.
Ons kameras is nie van die beste nie en bietjie stadig, so wanneer jy druk is daar tyd verlore totdat die foto click, so jy moet probeer skat wanneer om die knoppie te druk.
Die beweegende voertuig met die stadiger aksie het die foto van die Isuzu bederf.
Sal dit graag wil sien!!

Re: Waterkruisings

Posted: Tue Sep 13, 2016 8:38 pm
by batavia
Ek neem aan dat al hierdie "duikbote" diesel voertuie is.
Die hilux het verlengde "breathers", die fanbelt is getoets en a okay, en die res soos genoem, sal toegepas word.
Moet ek enige beskerming rondom die alternator probeer plaas of is dit nie nodig nie?

Re: Waterkruisings

Posted: Wed Sep 14, 2016 3:40 pm
by batavia
:surrender: Het toe Andy se raad gevolg met die hosepipe en besef my laaste vraag was eintlik 'n k.k vraag. Dankie aan die wat niks gesê het nie.
Hoe ouer ek word hoe meer wil 'n mens die ding bedink. Soms verlang ek na die dae van doen en dan dink. LoL
Die "toets" met die hosepipe wys geen werklike probleemgebiede nie. Met so bietjie Vaseline en Q20 voel ek die Hilux kan die ding doen. 'n Dokters handskoen oor die fusebox agter die battery sal dalk ook ingespan moet word.