Page 1 of 1

Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Fri Sep 09, 2016 8:23 pm
by Kobus Breed
Hallo aan almal,
Ek is Kobus en is ‘n nuwe lid op die forum en ek stel myself en die Hilux voor.
Ek woon in Elarduspark, Pretoria.
Ek het in 2006 by ‘n maatskappy begin werk en het die 2005 Toyota Hilux 3.0DE Single Cab Raised Body 2x4 met 59 000km op as maatskappy voertuig ontvang.
Die Hilux was agv. Maatskappy beleid net by Toyota handelaars laat diens, maar daaroor later meer.
Ek het nou die Hilux as deel van ‘n vergoedingspaket ontvang en hy het nou reeds 228 000km op.
Die enigste modifikasie aan die Hilux wat beslis ‘n verskil maak is die vryvloei uitlaatpyp met binnemaat van ±53mm, teen die opdraandes beweeg die KZTE nog onder hom uit.
Sy dieselverbruik tussen Pretoria en Ballito was altyd redelik konstant op 8,0km/liter, mooi gery met die bak se klap afgeslaan op snelweg. Ek dink hy is nou lekker ingeloop want hy gee nou maklik 9,0km/liter.
In Mosambiek het ons sy bande afgeblaas na 1,0bar vir die sandpaaie en ek het gedink ek sal hom kort, kort moet uitsleep met my ander 4x4 voertuig, maar die Hilux het egter nie eers naastenby gedink aan vassit nie en het geloop soos stroop op die sand, dit ook nog sonder dat hy ‘n “diff lock” het.
My petrol 3,5 liter V6 4x4 ry lekker maar is swaar op brandstof, daarom het ek laas naweek met die Hilux die Imagine sleepwa na De Voetpadkloof gesleep.
Groete

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Fri Sep 09, 2016 9:20 pm
by Mud Dog
Welkom Jacobus! :thumbup:

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Fri Sep 09, 2016 9:56 pm
by mcw
welkom

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Fri Sep 09, 2016 10:41 pm
by Thunder02
Welcome to the forum

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Sat Sep 10, 2016 8:33 am
by TertiusK
WELKOM!!!

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Sat Sep 10, 2016 10:39 am
by FIRSTGEER
Howzit and welcome Jacobus

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Sat Sep 10, 2016 8:24 pm
by Froll
Welcome Jacobus, hope you enjoy it here on the forum. Post some pics of your ride. :thumbup: :thumbup:

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Sun Sep 11, 2016 7:42 am
by Baby Cruiser
Welkom , hilux bo

Re: Nuwe lid aangesluit op forum

Posted: Sun Sep 11, 2016 9:25 am
by Baasvark
Welkom Kobus!!!