2019 Jun/Jul - Mozambique, Malawi en Zambia trip

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
User avatar
Dowe Koos
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1010
Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
Real Name: Hennie

Sun Dec 02, 2018 6:44 pm

Dagsê mense. Enigiemand wat belangstel om saam op hierdie trip te gaan kan my PM vir meer details.
Mosambiek - Van Pafuri al langs die weste kant van Moz tot by Cahora Bassa en dan vandaar na Malawi.
Malawi - Van onder die Malawimeer tot amper bo en dan oor na Zambië.
Zambië - Direk op na Tanjanjikameer en dan ooswaarts om nog twee groot mere te sien. Dan suidwaarts oor Lusaka na Karibameer en dan al langs die meer tot by Livingstone en van daar na Botswana.
Botswana - So al langs die oostekant van Botswana af na Francistown en terug huistoe.
Vanaf 15 Junie tot 7 Julie 2019 - volle drie weke
Afstand = 7300 km - Brandstof gaan so R25000 kos vir die trip. Uitgewerk teen 6 km per liter op R20 per liter. Op die oomblik kos branstof in Malawi R19 / liter, Botswana so teen R12, Moz R15 en Zambië R24.
So ons kyk na tussen R35000 en R40000 per paar per enkelkajuit bakkie. So mense wat dubbelkajuit het kan vier grootmense vat wat kan deel op brandstofkoste.
Groete
Hennie
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”