Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Introduce yourself and Meet the rest of the crowd
Post Reply
User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 457
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by bosjakkals »

Ek het laas maand saam met n 4x4 vrinne in die Maloti en Drakensberge gaan rondry,ons was agter Qwa Qwa se ou skietbaan toe die moeilikheid begin. Die :aggresive: Disco het die modder op die smal paadtjie los gespin en van die manne het begin spook en soos my ma my geleer het om jou medemens te help waar jy die "ways en means" het gaan ek uit die ry om te help. Nodeloos om te se as die nou is en die bulte skuins is ry jy stadig. Eerste rat laestrek daar gaat ons maar OOOO wee, ek sien nie die gat voor die linker voorwiel nie en toe hy insak en sywaarts begin gly weet ek nou is die :silent: los. Alles gebeur in stadige aksie soos Piet van Zyl se tackle op die replay. Ek genoeg tyd gehaad om vir almal in die voertuig te se " kyk mooi, hier gaat ons" en daar gaat ons!!!! Gelukkig het n engeltjie daardie oggend in my pap gepiepie en my ou vriend van 4x4 Megaworld op Harrismith se betroubare Hilux staan langs my. Met n geknars van glase wat bars en staal wat duik en baklei met die verandering van form rol ons toe mooitjies teen Andre se bakkie vas. Sou ek hom mis was ek omtrent nog 700 meter verder die berg af teen n helse spoed want n ronde Prado rol lekkerder afdraande as een in sy standaard form. Met n gespook en spartel en gelukkig vir die Disco se winch kon ons hom draai en omdop na die normale posiesie van 4 wiele ondertoe. Dieselfde :oops: Disco het my toe maar terug gesleep huistoe want die olietjies het klaar deurgeloop en hy't geweier om te vat. Met die uitbetaling van die versekering het ek begin soek vir n ander 4x4 maar het geweier om skuld te maak (Universiteite) en na etlike oproepe en e posse na baie voertuie het ek toe n 97 Hilux met 400 000 km op met een eienaar gekry bo in die bosveld. Die transaksie is telefonies beklink want die goeters le nie rond vir n goeie prys nie ek weet van n paar manne wat dadlik die bakkie sal vat. Ek gaan hom die naweek haal en ek belowe Sondag is ek weer in die berge ( hulle roep my).
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))
User avatar
Polarbear2008
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Sat Feb 28, 2009 1:43 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 01 Hilux Kz-te 4x4 Raider d/c
Real Name: Theunis
Club VHF Licence: X49
Location: Durbanville, Cape Town

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by Polarbear2008 »

Cj bly om te hoor jy het die petalje oorleef.

Hoop die Hilux sal die Prado se skoene kan volstaan! Sterkte vorentoe! En BAIE VEILIGE kms!
01 Hilux 3.0L KZ-TE 4x4 Raider d/c
GME Gx300 29meg & Vertex VX2200 VHF radio
Mikem load springs with greasable shackles and polybushes
Monroe Gas Magnum shocks
Kumho Road Venture AT - 30x9.5x15
National Luna Dual battery system
Frontrunner roofrack with s/steel table
Twin rear high lift jack points
Hilux4x4club sticker! ('nuf said!)
Echo3 4x4 offroad trailer with NL 74 Litre Fridge/Freezer
Dual loadbox slides
Wishlist:
Alu canopy
Warn Winch
Unlimited Fuel & Travel Budget!
User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 457
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by bosjakkals »

Niemand het seer gekry nie ons was 5 in die Prado die ergste was my engel het n paar duike opgedoen en my stoof vlenters geval maar die engel werk nog :clap:
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by Traveler »

CJ, jammer vir die verlies op die Prado. En baie geluk op jou nuwe Hilux.
Image
Image

Know what you don't know.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by OOOOMS »

Dit is nou nie lekker om van sulke dinge te lees nie....bly julle is OK :thumbup:

Geluk met jou nuwe voertuig en veilige travels!
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by CasKru »

Dankie vir die deel CJ en bly julle is veilig. Hier is weereens 'n baie goeie les vir ons almal van maak nie saak hoe stadig of versigtig jy ry nie, dinge loop baie vinnig verkeerd. Hoop jy geniet jou "nuwe" Hilux
To God be the glory
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by ChrisF »

WOW !

BLY julle het dit oorleef !
User avatar
Hilux01
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 591
Joined: Tue Aug 26, 2008 11:54 am
Town: Secunda
Vehicle: Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Real Name: Henk
Club VHF Licence: X85

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by Hilux01 »

Hierdie tipe storie laat my hart gaan staan vir so oomblik of drie

Bly julle is almal veilig, safe travels met die nuwe Hilux
2013 Toyota Hilux 3.0D4-D dc 4x4
Bush Lapa Miskruier 810
Gerbers Alu Canopy
ORRA Call Sign: X85
Image
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by The Legend »

Jammer om te hoor van jou skade,

Geniet jou Hi-Lux met jou komemde trippie in die berge .
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
mjfbeeslaar
Newbie
Posts: 6
Joined: Sun Dec 12, 2010 11:03 am
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux D3D, D/C, 4by4,
Real Name: Morne
Location: Randburg
Contact:

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by mjfbeeslaar »

Eish dis sleg om te hoor! Bly almal is veilig en ongedeerd daar uitgekom.
User avatar
Witblits
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 208
Joined: Sat Nov 21, 2009 8:36 am
Town: Koringberg
Vehicle: Hilux D4-D S/Cab
Real Name: Andre Matthee
Club VHF Licence: X50

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by Witblits »

Sjoe, dis net so scary soos daai paar oë, CJ. Stuur fotos van die nuwe lewe.
ImageImageImage
User avatar
bosjakkals
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 457
Joined: Tue Dec 09, 2008 8:14 am
Town: Harrismith
Vehicle: 97 Hilux SFA ,31 BF's, Bullbar,Warn winch, Hunting frame, 2 spare wheels, Long range tank, High lift jack, Gearmax rear locker diff, Suspension unknown but very soft)
Real Name: CJ
Location: Nie weer nie

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by bosjakkals »

Ek het haar gekry en sy/hy moet nou naam kry ek sal die fotos download en oopgooi vir n paar voorstelle !! :shock2:
03 - Cruiser 105 GX
97 - Hilux 2.4 D/C -
05 - Pajero 3.2 DID SWB ( Ma se kar)
01-Prado 3.0 d (Gesien -Geniet - GEROL))
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: Prado op sy dak, sooooo, Ek's weer terug

Post by Johannes van die See »

Thys moet die storie lees, hy hou juis so min van skuins padjies!.
Ek moet self se my hol sou stewig vas gebyt gewees het teen die seat in so geval.
Bly julle is veilig! Geniet die Hilux maat!
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
Post Reply

Return to “Meet the People”