Wel dit was my 2de outing na n werklike 4x4 baan maar die 1ste keer saam met die forum se vriende en sommige van hulle reeds klub lede en dit was soveel lekkerder om nuwe vriende te ontmoet.. Ek kon n paar gesigte by name kopppel en dit het dit net makliker gemaak om te weet wie is wie.
Op sommige plekke was dit vir my angswekkend
en het so paar happe uit my sitplek geknyp nie eers te praat van my onderbroek nie.
Selfs met die kinders wat die heeltyd skreeu: " :scared: :scared: pappa pappa ek wil uitklim" maar met die vertroosde stemmetjie van mamma se kant af het hulle bly sit. Met die hulp van n paar meer ervare 4x4'ers seker omdat hulle regte Hilux'e ry Cassie en Louis - Dankie
So kon ek genoeg moed en selfvertroue bymekaar skraap om my Hilux suksesvol deur elke hindernis te vat.
Met die uitwys vir watter lyn om te volg het Bertus ook n goeie rol gespeel so het ek maar eers die maklike kant gekies dog nogsteeds uitdagened (al was hy daar met sy Land Rover)
- Dankie.
Vir die res wat saam was dankie vir die ondersteuning en ons sien uit daarna om weer te kan saam gaan as die tyd dit toelaat.