AndreDustyDre wrote:Jis Johannes nou praat jy !
Ek kyk na die kalender en sien daar is 'n langnaweek die 19-21 Maart. My gedagtes staan Bonniedale toe. Dis naby Mosselbaai en die geriewe is great. Baie vir die kinders dam , kanoo's , foefie slide , swempoele , staproetes , perdry en quads en vir die ouers paar 4x4 roetes. Die 1 wat my uitgevang het is reeds reg gemaak. Die eienaar Nico Hesterman is self 'n groot Hilux man met 'n lekker SFA.
Dit kan dalk net die regte plek wees vir 'n groot bymekaarkoms in die Suid-Kaap ??
Ek is 5 maande van n jaar op vakansie, ek hoop en bid Maart gaan een van hulle wees!
Ek smaak jou voorstel tjom!
Om dit beter bekend te maak dat ons by julle wil kom kuier moet ons sommer n nuwe post open, dan begin mens die beplanning op n skoon blaai!
Ciske, sien jy nou wat het jy begin! die wiel is aan die rol tjom!
Andre
As jou een vinger moeg getik is ne, laatweet my dan open ek sommer n nuwe post sodat ons die "Suid Kaap Steinberg GTG"
kan reel.
J