petrolpomp probleem

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
MaPaZa
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 57
Joined: Wed May 19, 2010 9:22 pm
Town: White River
Vehicle: Hilux Raider v6 4.0 ; SYNCRO 2l
Real Name: Jan

petrolpomp probleem

Post by MaPaZa »

Ek het my Hilux gebreek! Grappie, help asb: Hilux v6 4l se ptrolpomp het gelol, tenk uitgehaal en pompie vervang, tenk terug (wat 'n gesukkel!) petrol kom tot by enjin, maar wil nie vat nie. Daars sterk petrolreuk, enjin maak net Brrrrr, kort woemmm en dooi dan. Sien geen petrol-lekasies nie. Na paar keer se aansitter draai, sal enjin miskien vir 20 sek poerpoer-rukruk loop en dan vrek. Oorvloei? Hoe maak mens - ek is nie 'n tegniese ou nie. Gebruik net logika en soms baie sterk taal. Asb
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29859
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: petrolpomp probleem

Post by Mud Dog »

Did you check / replace the fuel pressure control valve as well? :think:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: petrolpomp probleem

Post by OOOOMS »

Jan, was dit 'n Toy of after market pomp?
User avatar
zepplin
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2099
Joined: Fri Jul 27, 2007 1:05 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Crooza VX 80 EFI
Real Name: Steve
Club VHF Licence: HC 127

Re: petrolpomp probleem

Post by zepplin »

How much pressure is there at the fuel rail?
Crooza VX 80 efi - fully locked.
User avatar
Jxjdm
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 144
Joined: Wed Jan 11, 2012 8:33 pm
Town: Kempton Park
Vehicle: '05 Raider 2.7i Legend 35. '99 Honda civic vtec. '99 Honda CR250R
Real Name: Jake

Re: petrolpomp probleem

Post by Jxjdm »

zepplin wrote:How much pressure is there at the fuel rail?
+1....... check fuel pressure... Must be around 2bar+ when cranking..
User avatar
GI-
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 76
Joined: Fri Jul 08, 2011 12:02 pm
Town: Vanderbijlpark
Vehicle: Hilux 88 2.4 4x4
Real Name: Gideon

Re: petrolpomp probleem

Post by GI- »

Ek het dit reggekry op my Corolla, toe ek die petrolpomp in tenk vervang het, om die "return" pyp se "flexible" gedeelte toe te knyp tussen die tenk en bakwerk.
Die druk het gestyg na omtrent 5 bar en die enjin het "geflood". Ek kon ook heeltyd die brandstof ruik, net soos jy.

Maak seker jou return is oop terug tenk toe.
User avatar
LouisZ
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2175
Joined: Tue Feb 05, 2008 1:51 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux D/C 1996
Real Name: Louis
Location: Pretoria, Centurion

Re: petrolpomp probleem

Post by LouisZ »

Toevoer en return pype op tank miskien omgeruil?
MaPaZa
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 57
Joined: Wed May 19, 2010 9:22 pm
Town: White River
Vehicle: Hilux Raider v6 4.0 ; SYNCRO 2l
Real Name: Jan

Re: petrolpomp probleem

Post by MaPaZa »

Dankie vir al die wenke - kan nou nie 'n druktoets doen nie - maar sal al die ander dinge gaan kyk. Sal terugrapporteer.
So terloops, enjin (206 000 km 2006 model) het begin sluk en gevoel of sy keelgat toeknyp - diagnose by Toy-handelaar was pomp moet vervang word, veral aangesien daar extra tenk is - hulle sê ervaring wys die vuiligheid van die nuwe tenk en die ystervyseltjies blok die filtertjie onder aan die pomp in sdie tenk en gaan deur en beskadig die pomp. Koste: nuwe pomp R3500, arbeid teen sowat R500 per uur x 4 ure . dit was heel maklik om die tenk los te maak en het self die spesiale "tool" gemaak om die prop op die pomp losgemaak. Die filtertjie onder in die pomp was afgryslik vuil - pikswart en vol ystervyseltjies. Maak toe 'n draai by Autozone, en hulle oortuig my die pompie self is dieselfde as vir die Quantum en kos net R403. Die vervanging was makli, tenk mooi skoongemaak, maar die tenk se terugsit - onmoontlik as jy alleen is. Om daai hoofpyp en die dunnetjie weer gekoppel te kry in a ruimte waar my hand net-net imkom, was nag - om die minstge te sê. maar hy is in en nou die fionale stap om die enfin aan die gang te kry -
Die punt hierbo is, dis darem wreed om R3500 te betaal as die eintlike sondaar net R400 kos. Maar nou hoop ek net ek hoef nie uiteindelik tog wel die handelaar se hulp te moet inroep nie! (dit sal 'n persoonlike vernedering wees).
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: petrolpomp probleem

Post by OOOOMS »

Janee R3500.00 v R400.00 is groot.......blacksam!

Wys bietjie hoe lyk daai tool wat jy gemaak het?

Ek het self my tenk afgehaal and na 2uur se gesukkel weer terug gesit om rede ek nie daai plactic prop kon afkry nie..... :oops: :oops: :oops: Wou ook net die filter check maar het nooit daarby uitgekom nie..... :lol: :lol: :lol:

:shh: :shh:
Post Reply

Return to “The Workshop”