Help with tyres

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
advencen
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 12
Joined: Thu Sep 18, 2008 6:14 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: 2.7i DC Hilux 4x4
Real Name: raino

Help with tyres

Post by advencen »

Ek het n 2004 Hilux DC en doen n trip tot in Etipie. Ek moet bande vir die trip koop. Meeste ouens se Goodrich is die beste maar die vraag is nou watter groote? Het op die oomblik 30/9.5/ R15 op en hoef dus net 4 te koop en het dan 2 spaar. As ek die 31/10.5/R15 koop moet ek 6 koop en die goed is baie duurder.

Wat is die beste vir die 2.7 Hilux DC en is die bietjei extra lift die extra geld werd?
Groete
Spook
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 134
Joined: Wed Apr 23, 2008 5:34 pm
Town: Swakopmund
Vehicle: Hilux 4Y 4x4 s/cab, 3.0 D-4D
Real Name: Ockie

Re: Help with tyres

Post by Spook »

Die 31x10.5x15 het baie voordele:
1. Ry sagter want sy sywande is hoër.
2. Jou speedo gaan nou amper akkuraat wees.
3. Jy behoort 'n besparing op brandstof ook te hê want jou tyres dek met elke omslag ongeveer 100mm verder as die ander. Oppas net, jou tripmeter gaan 7% onder lees en dit gaan lyk of jy nie eintlik brandstof bespaar nie.
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Help with tyres

Post by pietpetoors »

My advice to you would be to find out from the tyre dealer what is a popular size up in Africa.
No use fitting a nice tyre if you cannot find it in the rest in Africa, then you will end up replacing the whole set somewhere in the middle of nowhere
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Help with tyres

Post by BenHur »

Spook

Groter tyres gaan swaarder wees op Petrol nie anders om nie. Jy moet nou meer woema gebruik om dieselfde spoed te maintain. Trust my ek het ook al hieroor gestry en my Buurman Schalk wat se lewe uit fuel effeciency gaan ( hy doen dynos en compete in allerhande motorsport evenst soos Total economy run) het my al op meer as een voertuig gewys hoe kleiner tyres en effe hoër revs (met groter manifold vacuum) baie meer effecient is. Ek het al gesien hoe 'n 1600 Sprinter 25km/l + doen met 12 duim wiele op As jy met vacuum gauge begin ry sal jy gou sien waarvan ek praat.

Raino

Maar dit als bygesê ek dink 31x10.5.15 is 'n beter keuse daai eksta bietjie hoogte is soms die verskil tussen vassteek of oor 'n obstruksie ry. As jy 2 245/75 spaar wiele het is dit nie 'n groot probleem nie. Jy sal met een spaar wiel kleiner wiel per as oor die weg kan kom in 'n noodgeval tot by 'n plek waar jy hulp kan kry, jou diffs (wat net nie dan gelock mag wees nie) op die aste behoort die probleem uit te sorteer alhoewel ek dit nie sal aanbeveel om permanent so te ry nie want die eksta beweging op die spider gears sal eksta hitte veroorsaak in die diff maar vir 'n 100 of 3 kilos sal dit nie 'n probleem wees nie
JBurger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 184
Joined: Wed Jan 02, 2008 8:00 pm
Town: ......
Vehicle: .....
Real Name: ......

Re: Help with tyres

Post by JBurger »

My ondervinding (6500km deur Namibië se rivierlope ens met standaard 2x4) is dat daai paar milimeters 'n groot verskil gaan maak. Al die middelmannetjies is gevorm en gesize deur ander voertuie, baie met standaard bande en grondvry hoogtes (soos my 2x4!). Hulle is x cm hoog. As jy met die IFS 20mm bv kan las deur een size groter te gaan, clear jy baie meer van die goed wat jy DIE HEEL tyd tref andersins.

Ek dink net jy moet dan versigtig wees vir verskillende sizes bande omdat die voorste dryfas bv teen 250 opm sal draai en as jy een kleiner band op het agter, dan sal dit teen bv 252 OPM wil draai - onthou die agterste ewenaar het die rotasie verskille uit ge-average en die kleiner band se hoër OPM kan nie weg gesteek word nie. As jy dus nou 4x4 kies, is die middelste ewenaar gesluit en dit veroorsaak groot probleem dit wil teen bv 250 en 252 tegelyke tyd draai!!! Kan nie, so alby stelle bande, voor en agter gaan die heeltyd met mekaar stry en die verloorder is daai middelste ewenaar! Jy sal dan tot 2x4 beperk wees, GEEN 4x4 of ewenaarslot nie, veral nie op semi teer/harde paaie nie.
Image ImageImage
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Help with tyres

Post by BenHur »

JB

Wat ek bedoel is een klein wiel voor en een klein wiel agter. Die diff sal dan die spoed op daai as uitsort net soos waneer jy deur 'n draai ry en die een wiel op die as vinniger draai as die ander een. So die enigste verskil in spoed sal wees dat die twee sideshafts teen verskillende spoed draai soos waneer jy nie reguit ry nie. Obviouslu sal dit aanbevole wees om altwee die kleiner wiele aand dieselfde kant van die voertuig te hê. As jy altwee die kleiner wiele op dieselfde as sit sal jy nie 4wd kan gebruik nie.
JBurger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 184
Joined: Wed Jan 02, 2008 8:00 pm
Town: ......
Vehicle: .....
Real Name: ......

Re: Help with tyres

Post by JBurger »

Wat ek bedoel is een klein wiel voor en een klein wiel agter. Die diff sal dan die spoed op daai as uitsort net soos waneer jy deur 'n draai ry en die een wiel op die as vinniger draai as die ander een. So die enigste verskil in spoed sal wees dat die twee sideshafts teen verskillende spoed draai soos waneer jy nie reguit ry nie. Obviouslu sal dit aanbevole wees om altwee die kleiner wiele aand dieselfde kant van die voertuig te hê. As jy altwee die kleiner wiele op dieselfde as sit sal jy nie 4wd kan gebruik nie.
Ja Bennie, ek stem. Ek dink egter aan die situasie waar jy 4 groter wiele op het, een kry 'n flat en jy vervang hom met jou standaard (kleiner) wiel. Soos jy vroeër gesê het, dit kan ook werk veral op kort afstande, maar dit is waarna ek verwys - die twee asse vanaf die middel diff gaan verskillende snelhede draai, dus geen 4x4 op vaste grond nie. :) :)
Image ImageImage
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Help with tyres

Post by BenHur »

Een kleiner wiel sal nie 'n probleem wees nie want die diff sal dit uitsort. Dis juis die doel van 'n diff om die verskil in rotasie snelhede van 2 sideshafts op 'n as te absorbeer'kanseleer (soos waneer jy draai.)
JBurger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 184
Joined: Wed Jan 02, 2008 8:00 pm
Town: ......
Vehicle: .....
Real Name: ......

Re: Help with tyres

Post by JBurger »

Centre diff kan dit nie handle nie, en sy twee outputs gaan verskillende snelhede hê...
JBurger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 184
Joined: Wed Jan 02, 2008 8:00 pm
Town: ......
Vehicle: .....
Real Name: ......

Re: Help with tyres

Post by JBurger »

Ek het n 2004 Hilux DC en doen n trip tot in Etipie
.. Waar's dit?? Nog nooit gehoor nie. Geniet julle trip (waneer?) Groete, JB
Image ImageImage
Spook
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 134
Joined: Wed Apr 23, 2008 5:34 pm
Town: Swakopmund
Vehicle: Hilux 4Y 4x4 s/cab, 3.0 D-4D
Real Name: Ockie

Re: Help with tyres

Post by Spook »

Pietpetoors: Die mees algemene breër band is juis die 31x10.5x15! Dis hoekom Toyota die Hilux in 2005 in 15" bekend gestel het...oor die beskikbaarheid van 15 duimers in die bos. Nou sien ekhulle het hom op 16" bande gesit....
advencen
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 12
Joined: Thu Sep 18, 2008 6:14 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: 2.7i DC Hilux 4x4
Real Name: raino

Re: Help with tyres

Post by advencen »

JBurger wrote:
Ek het n 2004 Hilux DC en doen n trip tot in Etipie
.. Waar's dit?? Nog nooit gehoor nie. Geniet julle trip (waneer?) Groete, JB
Jammer, dis Etiopie (Ethiopia in engels) Vertrek die 18de April
advencen
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 12
Joined: Thu Sep 18, 2008 6:14 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: 2.7i DC Hilux 4x4
Real Name: raino

Re: Help with tyres

Post by advencen »

Dankie aan almal se replys.
Julle almaa sê dus die 31,10.5 is n beter opsie as die kleiner band??
Lyk my dit gaan n duur storie raak!!
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Help with tyres

Post by BenHur »

JBurger wrote:Centre diff kan dit nie handle nie, en sy twee outputs gaan verskillende snelhede hê...
JB nee hulle gaan nie.

Sit jou van in 4wd met die centre diffloick engaged los hom in rat en jack altwee linker wiele op. Jy sal nou die 2 linker wiele onafhanklik kan draai agv die diffs in jou aste. Die doel van 'n diff is om die wiel/sideshaft spoed verskille tussen die twee wiele op 'n as uit te kanselleer, soos wanneer jy draai (of 2 sizes tyres op het).

As jy deur 'n draai ry loop al 4 wiele teen verskillende snelhede en dis hoekom jy windup kry in jou transfercse met 'n 4x4 sonder center diff as hy op teer ry. Onhou as jy deur 'n draai ry volg jou voor wiele en agter wiele mekaar nie presies in dieselfde spoor nie. Die voor wiele vat 'n wyer draai en die agter wiele 'n smaller draai (hulle sny koek) dus hoekom permanent 4WD voertuie 'n senter diff het.

As gevolg van die feit dat die voor wiele 'n langer pad loop deur die draai is die spoed wat die vooras loop nadat die ewenaar die verskil tussen die linker wiel en regter wiel uit gekanselleer het is baie vinniger as die spoed wat die agteras loop nadat die agter diff sy werk gedoen het en dan het jy dus 'n senter diff nodig as jy op teer ry.

As jy wel 2 kleiner wiele links op het en jy ry reguit sal die diffs voor en agter ewe vinnig loop omdat die "ewenaring" (jammer vir deaai vieslike woord maar dis al wat ek kan dink om te noem wat 'n ewenaar doen) op alwee aste dieselfde sal wees, maw as die 2 linker wiele teen x spoed draai en die twee regter wiele teen y spoed sal die delta daarvan die selfde wees en die ewenaar sal veroorsaak dat die twee propshafts dan teen dieselfde spoed draai.

Gaan kyk bietjie hierso.

http://auto.howstuffworks.com/differential.htm

As jy my steeds nie glo nie hou jou van se 2 linker wiele opgejack, start hom en laat hom loop in 1ste rat en jy sal sien sy gaan nêrens heengaan nie, want die diffs sal die torgue verplaas na die wiele met die minste traksie so die wiele wat in die lug is sal net draai (teen dieselfde spoed).

Disclaimer: Doen dit met care as jou remme hoog opgestel is mag een van die wiele wat in die lug is effe gerem word wat van die torque na die regterwiel kan verplaas en die voertuig van die jack afstoot.

Maar uit die exercise sal jy sien dis heel moontlik vir 2 wiele op 'n 2 aste om teen ander snelhede te loop as die ander 2 wiele op daai aste en die transmissie. Onthou doodstil staan is ook 'n "ander" spoed :twisted: :twisted:
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Help with tyres

Post by BenHur »

advencen wrote:Dankie aan almal se replys.
Julle almal sê dus die 31,10.5 is n beter opsie as die kleiner band??
Lyk my dit gaan n duur storie raak!!
Raino

Ja die 31s is die beter keuse maar as jy my nie glo oor die feit dat jy die 2 kleiner spaarwiele kan hou nie toets dit eers voordat jy 2 ekstra spaar wiele koop.

As jy in 4wd ry op semi harde oppervlakte met los grond op sal jy gou gou hoor hoe spin jou wiele binne in 'n skerp draai soos wat die transmissie van die "wind up" onstlae raak omdat al 4 wiele teen verskillende snelhede gedraai het en jy nie 'n senter diff het nie.

As jy reguit ry sal jy geen gespin hoor nie. As jy nou jou twee kleiner spaar wiele links opsit en my teorie werk nie (en jy kry wind up soos JB sê) sal jy die wiele hoor spin as jy in 'n reguit lyn ry ook.

Maar ek kan jou en JB 'n bottel "J&B" wet dit sal nie gebeur nie. Al wanneer die wiele sal spin (unwind) is as jy draai (wat ook sal gebeur as jy dieselfde grote wiel op het) of as jy diff locks op jou aste aansit en die diffs op die aste nie meer die wiel spoed verskille tussen links en regs kan uit kanselleer nie.
JBurger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 184
Joined: Wed Jan 02, 2008 8:00 pm
Town: ......
Vehicle: .....
Real Name: ......

Re: Help with tyres

Post by JBurger »

Bennie - Lees my posts. Ek sê een klein wiel en drie groot wiele.
Image ImageImage
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Help with tyres

Post by CasKru »

Ek stem 100% saam met Bennie. Jy sal 100% fine wees (maar soos hy sê, vir beperkte afstand) want dit is waarvoor die diffs daar is maar jy sal dan onder geen omstandighede jou diffloc kan gebruik nie.

Hier is nog 'n link om 4WD systems te verduidelik : http://auto.howstuffworks.com/four-wheel-drive.htm
To God be the glory
Post Reply

Return to “The Workshop”