Lugversorgingwaterpypieverstopping

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
MaPaZa
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 57
Joined: Wed May 19, 2010 9:22 pm
Town: White River
Vehicle: Hilux Raider v6 4.0 ; SYNCRO 2l
Real Name: Jan

Lugversorgingwaterpypieverstopping

Post by MaPaZa »

Het anige ander Hilux al die probleem ervaar?::: Drie weke gelede oppad na XaiXai in Moz kortpad geneem oor Moamba tot by Macia - sowat 190 km grond/sandpad. (Terloops - dis 'n goeie versorgde pad, en skakel die Maputo gedeelte en die spietkops uit, en maak die rit sowat 2.5 uur korter!) Dit was baie warm en lugversorger het volle sterkte gewerk- Kort duskant XaiXai agtergekom die mat voor by my vrou se voete is deurdrenk nat. Lang storie kort : tuis ontdek die wateraflooppypie onder waar dit deur die metaal van die kajuit na die enjinruimte gaan, was verstop met klipharde modder. Die fyn sand en stof op daai grondpad het met die water gemeng. Die hele eenheid was vol modderwater.
Nou wonder ek hoe die ontwerpers dink - die pypie kyk reguit vorentoe - natuurlik sal dit die stof wat teen hoë spoed van die voorwiele af kom opvang. Ek het nou 'n klein dun elmboog-las by die hardeware gekry en dit in die pypie se eindpunt gedruk met die oopkant wat ondertoe wys. Hoop dit gaan werk.
Post Reply

Return to “The Workshop”