Toyota SA.Kan dit waar wees.

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
Petou
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 64
Joined: Fri Feb 25, 2011 7:52 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Fortuner 4.0 V6
Real Name: Petrus
Location: Wes Kaap

Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by Petou »

Ek het in Junie 2014 vir my n 2009 Vigo 3.0d4d dc 4x4 privaat gekoop.Die voertuig was besonders netjies met baie lae kilos vir sy ouderdom en die prys van so n aard dat dit niks anders as n bargain kon wees nie.Ons jagtrip na Namibia en terug was een plesier en ek was n tevrede eienaar.Daar was egter een of twee dinge wat vir my wou se dat die voertuig waarskynlik op n stadium vir langer as wat dit moes in redelike diep water was.Dit was bv opmerklik dat die maskingtape rondom die bedrading nie netjies was nie ens.Die plesier van die bakkie het egter net na die jagtrip in een nagmerrie verander.Die bakkie het gereeld in limpmode gegaan,die shift column op die outo box het ingegee,die voorste diff het gekalf ,die centre bearing en hele drivetrain was oor die muur,ek moes disks voor vervang,die waterpomp het gelek,die tentioner pulleys was op geroes en ek was gatvol.Die gelyste defekte is reggemaak en en ek was nogsteeds oortuig dat dit n goeie deal was aangesien ek die voertuigteen n billike prys gekoop het.Al wat oorgebly het was die engine management liggie wat gereeld aangekom het met die gevolglike limpmode.Na baie onsuksesvolle pogings om die fout op te spoor het het die hilux besluit tot hier toe en nie meer nie.Dit het my einde Augustus teen die pad gelos en nog nie weer geloop nie.Ons het die eerste eienaar gekontak en dit is waar die nagmerrie begin het.Groot was sy verbasing om te hoor dat die voertuig nog bestaan.Hy het my vertel dat die spesifieke voertuig die een is wat op n stadium in die media was toe dit by die Malgas in die Breederivier van die pond geval het tydens een van hulle toere en eers na twee dae deur die versekering herwin is en toe afgeskryf en uitbetaal is.Op een of ander manier het die voertuig waarskynlik via n veiling weer sy weg gebaan na n handelaar wat die nodige gedoen het om die voertuig aan die loop te kry en het dit terug gesit in die trade.Die persoon by wie ek gekoop het het die tweede eienaar geword en het so 30 000 sorgelose kilos gedoen toe hy n clubcab koop en ek derde eienaar word en die hilux besluit dat my garage nie die een is waar hy wil staan nie.Alle ondersoeke het gewys dat verwering van die bedrading dit onmoontlik maak vir die beheerstelsel van die bakkie om korrekte somme te maak om die voertuig aan die loop te hou.Die bedrading is verwyder en die soektog na nuwe looms by Toyota het begin.Te same met dit het die naar kol op my maag in n appelkoos maag verander oor al die stories wat ek moes aanhoor oor waarom dit nie eenvoudig is om n Vin nr te gebruik en dan die regte loom op die counter te sit nie.Ewe skielik vat dit 2 maande om n onderdeel van oorsee by ons te kry en dan is daar geen waarborg dat dit die regte een sal wees nie.Goeie nuus is dat die loom geland het en geinstalleer is saam met nuwe fuse boxes,remote control boxes ens.Slegte nuus is dat die ecu nou ook moertoe is en die twee maande wag periode weer saam met my is.

Ek kan nie glo dat Toyota SA van n klient kan verwag om sy voertuig vir maande te laat staan en wag vir n onderdeel terwyl vliegtuie daagliks die aarde oorkruis nie.DIt is tog sekerlik nie moontlik dat daar nie onderdele beskikbaar is vir n relatiewe nuwe voertuig waarvan daar duisende vervaardig is nie.Die ergste is dat die ecu voertuig spesifiek is wat jou min opsies gee in die die tweede handse mark.Blykbaar is dit deel van Toyota se verweefde sekuriteits funksies maar tog ry die comrades daagliks met ons voertuie weg.
Hoewel ons verbruikers wet my kon beskerm het ek en die verkoper op n vriendelike manier n goodwill ooreenkoms aangegaan rondom kompensasie hoewel daar geen bewyse was dat hy voorheen bewus was van enige probleme met die voertuig nie.Hy is voorwaar n eerbare mens.
My maag het nounet weer gegaan en my bors voel ligter nou dat meer mense weet dat ek meer probleme as meeste ander het met n voertuig.
Snorkel,chip,burnco front bumper
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by ChrisF »

Petrus is die n "Kode 3" voertuig ?


Wanneer die versekering dit afskryf en dit word weer op die pad gesit behoort dit n kode 3 te wees .... of so vertaan ek die storie ....


maar die veiligste om WYE draaie om n kode drie te stap ...




Petrus was jy al by HOPPIE ? ENIGSTE man wat ek sou vertrou om weer lewe te blaas in die wa !
User avatar
Petou
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 64
Joined: Fri Feb 25, 2011 7:52 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Fortuner 4.0 V6
Real Name: Petrus
Location: Wes Kaap

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by Petou »

Chris
Nee die voertuig is gladnie ge code nie.Sover ek dit verstaan is dit slegs ongeluks beskadigde voertuie wat afgeskryf word wat n kode 3 kry.Ek verstaan ook dat daar nie meer n kode 2 is nie en dit dit val onder die kategorie van n gebruikte voertuig.
Snorkel,chip,burnco front bumper
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by Hoppy »

As n voertuig in n ongeluk beskadig word en "afgeskryf" word, word jy uitbetaal en die wrak behoort aan die versekerings maatskapy. Hulle is veronderstel om hom te derigestreer en aan n skrootwerf of op n veiling te verkoop, maar hulle kry aansienlik minder vir die wrak as hy gederigestreer is, so baie van die maatskapye verkoop die wrakke wat nie erg beskadig is nie as tweedehandse voertuie om hulle verliese te beperk. Kodes word nogsteeds gebruik,
1; n Voertuig wat nuut gekoop is en nog nie hande verwissel het nie.
2; n Tweedehandse voertuig, dis n voertuig wat een of meer keer hande verwissel het.
3; n Voertuig wat vir een of ander rede gederigestreer was, ongeluk, skade, gesteel ens. en dan herregistreer was.
4; n voertuig wat erg beskadig en of geknip is op n ongeluks toneel, hierdie voertuig kan nooit weer gerigestreer word nie.
5; Omgebou, dis n voertuig wat struktureel verander is vir n gestremde persoon of ander aplikasies.
Alhoewel die kodes steeds bestaan, word dit nie meer op die registrasie sertifikaat aangebring nie, maar uitgeskryf onder "Voertuigstatus"
Daar is egter n grys area, as die voertuig op jou naam gerigestreer is, is jy die enigste persoon wat hom kan derigestreer of "skraap", as jy dit nie doen nie en die papiere net aan die versekerings maatskapy oorhandig na uitbetaling, kan hulle daarmee maak wat hulle wil, hetsy as tweedehands verkoop, skraap, kode4 ens.

Ek hoop dit antwoord n paar vrae
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by Hoppy »

Vir my is dit ook onaanvaarbaar dat jy so lank moet wag, veral omdat die voertuig nog in produksie was
Ek gaan hierdie week met my vriend praat wat met die claims werk, hy kom my dinsdag sien, daar moet n ander manier wees
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by pietpetoors »

Dalk was jou bakkie die een, lyk na dieselfde kleur
http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?t=128396" onclick="window.open(this.href);return false;
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Petou
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 64
Joined: Fri Feb 25, 2011 7:52 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Fortuner 4.0 V6
Real Name: Petrus
Location: Wes Kaap

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by Petou »

Pieter
Nee dit is nie myne daardie nie.My bakkie is n wit een en diesel.Daardie is n petrol bakkie.Ek sal dit waardeer as die hiluxers hulle oe kan oophou vir n 2009 d4d dc 4x4 auto wat iewers plat le.Ek soek net die ecu.
Snorkel,chip,burnco front bumper
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by ChrisF »

Petrus doen jou huiswerk oor HOPPY.

GLO MY, Hoppy is jou antwoord in die situasie !!


Hy het die kontakte, en is DIE man vir moeilike projekte.
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by Hoppy »

Petrus was vanoggend by my, ons werk daaraan
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by Stef »

Toemaar ou maat, ek verstaan presies...jy moet Kawasaki SA probeer!! Nie laat ek probleme het nie, maar probeer nou 'n nuwe hooflig eenheid kry nadat jy 'n krakie opgetel het...

Nevermind die feit dat hulle vir jou se probeer die agente want ons deel nie met die publiek nie, die eenheid is R5000 nuut, daar is net 1 in voorraad by hoofkantoor en nie 1 agent in Pretoria kan bevestig of dit wel die regte ene is nie...en ek wag nou al van Desember af vir 'n kwotasie van Ernst in Centurion....dis hoekom ek hoofkantoor in die eerste plek bel...p0ep0l...

Noodgedwonge toe nou maar 'n tweedehandse (gekrapte) lig moes opsit net om te kan ry ander het die fiets nou nog gestaan...oor 'n lig!
vanthev8man
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 157
Joined: Tue Mar 13, 2012 10:49 am
Town: wellington
Vehicle: 81 hilux 350,80 vx landcruiser,650 bombardier.
Real Name: martin
Location: wellington,western cape,rsa

Re: Toyota SA.Kan dit waar wees.

Post by vanthev8man »

petrus,

raak ontslae van die voertuig - waterskade (sout of vars) - gaan nie ophou nie en jy gaan vir ewig met(veral)elektroniese komponente sukkel wat oppak!
die feit dat die pulley geroes,drive train en voor diff reeds moelikheid gegee het, ens,ens...
ek sien GROOT ROOI gevaarligte - as jy hom nie meer kan terug gee nie - verkoop dan maar teen n verlies!

dis my raad aan jou...
i
hilux sfa -the only real 4x4!
Post Reply

Return to “Open Discussion”